kategorieë: Gesondheid

Eet so fruktose-vry

Laat jy al die jongste gesondheidsneiging, fruktose uit jou dieet? Dieetkundiges is nog nie seker dat dit net oor fruktose gaan nie. Hulle sê ons eet bloot te veel. Maar as jy wil probeer, hier is die resep om fruktose-vry te leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bly by die basiese dieetkundige-riglyne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit beteken:
* drie klein porsies proteïene soos vleis, vis, hoender en eier per dag, vet afgesny
* 1-2 porsies melk, kaas, bulgaarse joghurt elke dag.
* 5 porsies vrugte en groente. Vars vrugte het wel fruktose maar eintlik min.
* 1-5 porsies (dit hang af van hoe aktief jy is – een porsie vir kantoorwerkers)
koolhidrate soos pap, brood, rys, aartappels, mielies, neute, koek,
beskuit, lekkernye
* 3 t olie elke dag
* 6 glase water elke dag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En dan maak jy die volgende aanpassings:

1. Vervang suiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Al wat jy doen is om jou suiker te vervang met glukose en sukralose, met produkte soos SUGAlite en Equisweet with Sucralose. Jy kan met glukose kook en bak maar dit is minder soet. Oppas vir meer gebruik, agter die soet smaak aan.
SUGAlite werk baie maklik. Jy hoef glad nie reseppe aan te pas nie, want jy kan net soveel daarvan gebruik as wat die resep vir suiker aandui. Dit gee dieselfde bakresultate as suiker.

2 Drink so fruktose-vry

Koeldranke is die grootste bronne van fruktose vir die meeste van ons. Vermy dus vrugtesappe, versoete waters, sportdrankies, versoete melk, vrugtemelke, versoete joghurts en alle gaskoeldranke in blikkies en bottels superhoeveelhede fruktose. Alkoholiese koelers, likeurs en sjerries is ook propvol fruktose. Jy kan hardehout skoon, op ys, met water, met dieetkola of met sodawater drink maar nie met fruktose-ryke tonikumwater, lemonade en soet koladrankies nie.

Die beste gesondste fruktosevrye drinkgoed is water (stil, borrel, natuurlik, fontein, berg … al die onversoete soorte) sodawater, melk, dieetkoeldranke en sodawater, melk en droë wit- of rooiwyn

3 Is jou stysels fruktose-vry?

Koeksisters, fudge, suurlemoenmeringuetert en so aan is suikerrampe. Hoe minder soet hoe beter. Soutighede het gewoonlik min suiker. Verruil soet gebak en lekkers vir neute en biltong.

4 Stadig met die souse

Konfyt en souse soos blatjang en tamatiesous bevat baie suiker. Jy kan daarmee wegkom, as jy minder as ’n teelepel gebruik. Kaas en vleissmere is baie beter vir jou … en baie lekker.

5 Begin jou dag reg

As kitspap soet proe is dit byna sonder uitsondering omdat dit baie fruktose bevat. Party bevat tot ’n derde koppie soetgoed per koppie pap – twee dae se fruktose op een slag.

Outydse pap is die beste. As jy suiker wil uitsny hou by die nie-soet pappe soos hawermout, mieliemeel (roer kaas in plaas van suiker in), Weet-Bix en All-Bran.

6 Eerbiedig jou eetlus

Dit is die belangrikste van alles. As jy min fruktose eet sal jou eetlusmeganismes jou altyd die regte raad gee. Luister maar net.

* Lees ook die artikel Is Fruktose die vyand? op bl. 138 van die Mei 2014-uitgawe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.