kategorieë: VegetariesKosSomerkos

Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 6 eiers, gekook soos beskryf
• 2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
• 60 ml (¼ k) crème fraîche
• 30 ml (2 e) volroom- jogurt
• 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
• 2,5 ml (½ t) sout
• 2,5 ml (½ t) swartpeper
• 4 repies spek
• 15 g botter
• 6 aspersiepunte
• 50 g bloukaas, gekrummel
• handjie vol grasuie, gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 180 °C. Sit die spek op ’n bakplaat en bak vir 12 min. of tot bros en krakerig. Haal uit die oond en hou eenkant.
2 Sny die bokante van die eiers af en skep die eiergeel versigtig met ’n teelepel uit sonder om die eierwit te breek. Sny ’n klein stukkie van die onderste deel van die eier af sodat dit kan staan.
3 Verwerk die eiergeel, knoffel, crème fraîche, jogurt, Dijonmosterd, sout en swartpeper in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Skep die eiermengsel in ’n spuitsak en spuit die holtetjie van die eiers vol.
5 Verhit die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Braai die aspersies vir 2 min. daarin en geur met sout. Krummel die spek in klein stukkies.
6 Druk ’n aspersie in elke eier, strooi die spek, gekrummelde bloukaas en grasuie oor en sit voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.