kategorieë: KalenderOntspanning

Eikendal vermaak met Weintaufe

Die Eikendal Weintaufe het oor die jare ’n somer-familietradisie in die wynlande geword en vanjaar kan entoesiaste hulself oorgee aan ’n dag van pure landelike saligheid, vermeng met uitsonderlike wyne, heerlike straatstalletjie-styl kos, speletjies, gelukkige trekkings en regstreekse musiek deur die talentvolle Newton & Co.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die landgoed is bekend vir gefokusde- en gestruktureerde wyne, wat die beste in variëteit-erkenning vertoon en by dié ontspanne fees sal die veelvuldig-bekroonde Chardonnay die kalklig steel as die landgoed se eerste wyn van die nuwe oesjaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Komplimentêre trekkerritte om ’n kykie te kry in al die wonderlike dele van dié goed geoliede wynplaas, druiwetrap en gholf-aksie by die dam sal bydra tot ’n heerlike dag saam met jou familie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaartjies vir die Eikendal Weintaufe Oes Karnaval 2017 sal op die dag by die hek beskikbaar wees en kos R80 per persoon, wat ’n glas, proe-uit-die-vat en al die vermaak vir die dag insluit. Onder 18’s geniet gratis toegang. Onthou jou sonroom en bring ’n piekniekkombers.

Die hekke open om 10h00. Maak seker jy kry ’n lekker plekkie, voor die amptelike doop en proe van die nuwe Eikendal Chardonnay 2017 om 12h00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting bel die landgoed by 021 855 1422 of stuur ’n e-pos aan info@eikendal.co.za.

Eikendal Landgoed is geleë op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: wyndagboek

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.