kategorieë: InspirasieJou lewe

Eleen Polson oor lyflikheid en ontdekkings

Eleen Polson oor lyflikheid en ontdekkings deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf. Hooffoto kunswerk (Inkscape) deur Eleen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Op #TussenOns gesels jy sinvol oor hoe om gelukkiger te voel in jou lyf. Wat veroorsaak dat ons kontak verloor met onsself – ook met ons liggame?

Dit hang baie af van hoe ’n mens groot word, en watter boodskappe jy van jou gesin en samelewing kry.

Ek het dit die eerste keer werklik besef toe ek met Biodanza-kollegas saamgewerk het in Suid-Amerika en Portugal.  Dit was opmerklik hoe gemaklik hulle met hulle eie lyflikheid was, hoeveel genot hulle uit beweging gekry het, en hoe ten volle hulle IN hulle lywe was – soveel anders as ons goeie Afrikaanse outjies!  Toe het ek besef hoe subtiel die kulturele invloede is wat die liggaamlike afmaak as minder belangrik as die intellek en sosiaal aanvaarbare gedrag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is subtiel in die ontkenning van ons fisieke en emosionele sensasies en dit maak dat ons nie regtig met hierdie unieke liggaam waarin ons gebore is kontak maak nie.

Ek besef terdeë dat dit nie die vorige geslagte se intensie was om die lyf te ignoreer nie. Elke generasie doen maar net hulle bes om te oorleef en aan die eise te voldoen:  in tye van oorlog, swaar kry en “oorleef” maak dit soms sin om die liggaam se pyn en behoeftes te demp.

Wat my hartseer maak, is egter die puriteinse godsdiens wat die wanopvatting versprei het dat die lyf en liggaamlike behoeftes “sleg” en onaanvaarbaar is.  Veral die vroulike liggaam.  Die magsdiskoerse agter daardie ontwikkeling lê diep en ver, maar tot ons bevryding en vreugde kan ’n vrou vandag met baie meer selfaanvaarding en ondersteuning haar lewe uitleef.  Hierdie rooi rose-program is ’n sprekende voorbeeld van die ryk (her)ontdekkings wat nou gemaak word!

Luister nou na Tussen Ons – dis gratis!

2. Wat het jou in jou eie lewe gehelp om meer in voeling met jouself te kom?

Dis ’n reis om mettertyd meer en meer in voeling met jouself te kom.  Soms kan ek nie glo dat ek al amper 50 jaar oud is en steeds is daar soveel om te ervaar en te leer nie!  Elke modaliteit wat ek ondersoek het in die laaste 20 jaar het ’n spesifieke bydrae gemaak, elke werkswinkel waar ek net tyd kon spandeer om stil te word en in die oomblik te luister.

Ek lys graag die dinge wat ek vir niks wil ruil nie:

  • Biodanza – ’n Suid-Amerikaanse bewegingsmodaliteit met weeklikse klasse wat my geleer het om elke deel van my lyf lekker los te maak; sonder enige voorgeskrewe stappe!
  • Postural Integration – ’n lyfterapie wat diep blokke uitwerk, amper soos massering, oor tyd – maar dit kan erg pynlik wees!
  • Creative Connections – die ontwikkeling van ekspressiewe kunsteterapie as persoonlike en professionele modaliteit die laaste 10 jaar.  Skep, sing, verf, beweeg, dig, skryf net vir die lekker, vir die emosionele ontlading.  Alleen, in groepe, in gesinne.  Dit het die kuns van die moontlike wawyd oop geblaas!
  • Kundalini yoga: beweeg die lyf op musiek, en leer die ritme daarvan ken.
  • ’n Spirituele praktyk van stil wees en kontemplasie – soos die student die behoefte ontwikkel het, het die leermeester verskyn:  Sediba (naby die Hartbeespoortdam), Rumi se gedigte, Abbey of the Arts en legio mede-pelgrims en meditasiegroepe.

3. Hoe kan elkeen van ons “binnetoe luister”?

Daar is deesdae soveel (amper te veel!) opsies vir persoonlike ontwikkeling om ’n mens se ‘binne-toe-oor’ te ontwikkel.  Wat amper belangriker is as “wat en waar”, is om eerstens vir jouself toestemming te gee, en om alleen of saam met ’n terapeut of mentor ’n gesprek te hê om die blokke tot selfkonneksie te verstaan en te oorkom.  Ek glo dit is ons generasie se uitdaging en voorreg om dit te doen. En soos vroeër genoem:  “If the student is ready, the master will appear…”

4. Is alle mense skeppend?

JA, ons is gebore om te groei en meer te wil word en om meer te ervaar.  Ons skep outomaties elke dag ons lewens, ons gedagtes, ons drome al dink ons (verkeerdelik) ons is nie “kreatief” nie. Jy moet net uitvind wat dit is wat jou oë laat blink, jou hart vinniger laat klop en jou daardie “Aaah, hier is iets nuuts en spesiaal…” – gevoel laat ontdek.

Lees ook: Maak jou kind kreatief groot

5. Hoe kan kreatiewe uitdrukking, al is dit net om te sit en krabbel of te neurie, ons help om gelukkiger te voel of emosioneel te genees?

Ons is eenvoudig so gemaak… ons liggame het ’n outonome senustelsel wat rus en groei bewerkstellig as dit in die Vantrale Vagus-sisteem funksioneer – o.a. as ons skep en sing.

Ons het ook ’n regterbrein wat nie deur ons skoolstelsel aangemoedig word om ten volle te ontwikkel nie.  Meer en meer van die nuutste neuronavorsing wys dat die primitiewe samelewings korrek was om kuns en dans en sing as genesende middels te sien.

Eleen Polson oor lyflikheid en ontdekkings

6. Vertel ons meer van jou gesin.

Ek en Alex is jonk getroud en na 24 jaar heronderhandel ons steeds ons verhouding soos die fases verander.  Ons twee spesiale seuns is nou altwee in die hoërskool en die oudste verlaat volgende jaar die huis – juis nog ’n nuwe fase!

7. Wat doen julle saam wat vir jou baie lekker is?

Ons is ’n vreemde klomp saam, en dis ’n genade dat ons regtig mekaar se geselskap en uniekheid geniet.  Ons is lief vir stap en is lede van die bergklub van Suid-Afrika.  Hulle hou my jonk met duik in donker poele, hoog afspring (net daarna kyk vir my!) en fiks bly.

Kunsfilms kyk lei tot Japannees leer – aangesien my oudste seun ’n liefde vir hierdie kultuur ontwikkel het.  Ons is lief vir baie verskillende soorte musiek, beweeg, en eklektiese ervarings – van “spice tours” in Fordsburg tot Nirox musiekgeleenthede en betrokkenheid by die “Learning Clan” se deelnemende gemeenskap.

Kontakdetail: Tel 072 212 1719 of www.eleenpolson.com

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.