kategorieë: Ontspanning

Elegante piekniek in Kaapstad

Le Dîner en Blanc International in SA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die amptelike Le Dîner en Blanc International word op Saterdag 5 April 2014 in Kaapstad bekendgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Franse herkoms

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die toonbeeld van Franse elegansie en alles fantastique. Die uiters eksklusiewe Le Dîner en Blanc International sal by ’n geheime plek in die Moederstad ontvou. Francois Pasquier het hierdie uitsonderlike pique-nique (piekniek) 26 jaar gelede in Parys, Frankryk bekendgestel. Deur die jare het dit in een van die wêreld se mees gesogte sosiale en kulinêre netwerke ontwikkel. Pasquier se oorspronklike piekniek is in die Bois de Boulogne gehou, met ’n eenvoudige konsep: bring ’n metgesel, ’n heerlike piekniekete saam met jou beste etiket, en trek wit aan om die ander gaste te herken. Vandag strek hierdie ongelooflike verskynsel oor meer as 40 stede oor vyf kontinente.

Kaapstad, Je T’aime (Ek is lief vir jou)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaapstad is bo-aan The Guardian se lys vir vakansieplekke in 2014 en deel van The New York Times se lys 52 Places to go in 2014 en daarom is dit nie moeilik om te verstaan waarom ons Moederstad nou deel vorm van hierdie eksklusiewe piekniek nie. Die geheimsinnige plek waar alles gaan ontvou? Niemand weet nie… Clifton Strand, Robin Eiland, die Bo-Kaap, Kaapstad besit ’n groot verskeidenheid mooi plekke! Die tema is Secret in the City en die protokol: bring jou (wit) dansskoene, ’n gourmet piekniekmandjie en tafeldekor om Versailles teen te staan.

Neem deel

Gaste in Fase Een en Twee geniet gewaarborgde registrasie as hulle óf ’n vorige Le Dîner bygewoon het, deur ’n vorige besoeker uitgenooi word óf as hulle die City Host-vennote in die geheim ken. Fase Drie word geopen vir gelukkige lede van die publiek, wat eers op die amptelike webblad se waglys moet registreer. Registrasies sal op ’n spesifieke tyd op ’n “first come first serve”-basis open. Diegene wat suksesvol registreer, sal ’n e-posbevestiging van Le Dîner en Blanc en Paypal ontvang.

Besoek gerus capetown.dinerenblanc.info/register vir meer inligting en sluitingsdatums.

Ook by:
Le Dîner en Blanc International – international.dinerenblanc.info
Le Dîner en Blanc Kaapstad-webblad – capetown.dinerenblanc.info
Le Dîner en Blanc Kaapstad Facebook – www.facebook.com/CapeTown.DinerEnblanc
Le Dîner en Blanc Kaapstad Twitter – twitter.com/DinerEnBlancCT

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: wat's nuus

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.