kategorieë: Bekendes

Emily Blunt: Vasbyter

Emily Blunt lyk altyd of sy stilletjies vir iets lag. In ’n Kate Moss Top Shop-bloes, stywe J Brand-jeans en grys stewels van Rag & Bone lyk sy vars, jonk en stralend. Die Britse skoonheid (28) het onlangs: Gulliver’s Travels, die animasieprent Gnomeo and Juliet en The Adjustment Bureau saam met Matt Damon.
Dit beteken ook onderhoud na onderhoud wat uitputtend en  dodelik vervelig kan wees. Maar eerder as moeg en afgemat, lyk sy vrolik, gesels lustig saam en het ’n glinster in haar oog wat jou laat dink sy gaan binne oomblikke uitbars van die lag. Afhangende van wat sy dra, wissel haar oë van viooltjieblou tot turkoois. Sy is grasieus op ’n ongeërgde manier en het ’n droë Engelse sin vir humor wat elegant en subtiel is. Emily is getroud met die komediant John Krasinski van The Office-faam, en hy is seker een van die aangenaamste mense in die bedryf. Die paartjie het daardie “iets” wat hul sterstatus die hoogte in kan laat skiet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Emily is te sien in The Adjustment Bureau,  een van die beste romantiese rillers uit  Hollywood. Die fliek is losweg gegrond op Adjustment Team, ’n kortverhaal van Philip K. Dick, en vertel die storie van politikus David Norris (Matt Damon) wat ’n pragtige danseres Elise Sellas (Emily Blunt) ontmoet en dadelik tot haar aangetrokke voel. Maar sy verdwyn voor hy haar telefoonnommer kan kry. Toe hulle mekaar weer toevallig raakloop, gryp die Adjustment Bureau in. Dit blyk dat dié geheime buro sommige individue se lot vir hulle bepaal en as die noodlot hulle van hul bestemde paadjie afgooi, gryp die Adjustment Bureau in om alles te balanseer en die “uitverkorenes” weer op hul pad te kry. Die buro vee natuurlik alle tekens uit dat hulle betrokke was, maar David (Matt) betrap hulle op heterdaad en besef hulle is vasbeslote om hom van Elise (Emily) weg te hou.

Hy besluit om terug te veg. Uiteindelik kom dit neer op die vraag: Wat sal jy vir die liefde doen?
Dis ’n aksiebelaaide rolprent met goeie karaktervertolkings en romantiese oomblikke.

Glo jy aan liefde met die eerste oogopslag en opofferings ter wille van die liefde?
Dis nie vir my ’n moeilike keuse nie. Ek sal vele opofferings ter wille van die liefde maak. Ek is ’n romantikus en kies die liefde. Ek glo ook aan daardie onmiddellike konneksie wat jy soms met iemand het. Dit kan baie sterk wees, maar ek weet nie of ’n mens dit noodwendig die eerste oomblik ervaar nie. Jy moet darem hoor wat die mens te sê het. Ek wil nie te pragmaties oor die liefde klink nie,maar ek dink die liefde ontwikkel, verander en groei namate jy iemand leer ken. Ek weet regtig nie of jy met die eerste oogopslag alles kan weet wat jy moet weet nie. Maar Matt vertel altyd hoe hy sy vrou, Lucy, in ’n kroeg gesien het en dadelik geweet sy is dié een. Ek glo wel jy weet baie gou dat jy die regte mens ontmoet het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Glo jy aan die noodlot of die liefde?
Wat ek hou van die fliek, is dat jy kan kies. Al lyk jou kanse sleg, kán jy dinge verander. Ek dink dis die positiewe lessie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So waaraan glo jy?
Ek glo aan ’n bietjie van albei. Ek was al dankbaar dat dinge op ’n sekere manier verloop het – iets kon jou netsowel in ’n ander rigting gestuur het. Wanneer jy later terugkyk, weet jy: as dit nie gebeur het nie, het ek nooit … Dinge wat eers negatief gelyk het, kan tot iets wonderliks lei.

Jy en John is in Julie 2010 getroud. Vertel meer …
Ons is in Italië getroud, want ons albei is mal oor die land nadat ons die vorige jaar daar vakansie gehou het en in Venesië, Florence, sommer oral, was. Toe bied iemand aan dat ons by sy plek in Lake Como kan trou. Dit was die perfekte, romantiese plek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het George Clooney die aanbod gemaak?
(George was haar man, John, se regisseur en medespeler in Leatherheads. Hulle is sedertdien goeie vriende.) Ja (lag).

Wat verwag jy van ’n man of vriend?
Ek dink eindelose begrip. Lojaliteit. En dis belangrik dat ’n vriend raad sal gee sonder om te oordeel en veroordeel.

Jy is besig om ’n mode-ikon te word. Almal hou jou klere dop. Is mode vir jou belangrik?
Wat dra jy by die huis?            
Ek dra wat die meeste mense graag by die huis dra: gemaklike klere soos ’n  weetpakbroek en ’n sagte trui. Ek het ook stewelpantoffels – werklik onaantreklik – waarmee ek by die huis rondslenter. Wanneer ek uitgaan, dra ek gewoonlik stywe jeans en ek is mal oor stewels. Ek hou nogal van die rocker-voorkoms. Sagte, vroulike klere staan my nie regtig aan nie. Wat ek vandag aanhet, is nogal ongewoon vir my, dis te girly. Gewoonlik sal ek dit met iets meer edgy kombineer. By die laaste Golden Globes het ek ’n skouerlose, pienk valletjiesrok aangehad, maar toe ek die rok die eerste keer sien, het ek dadelik gedink ek sal nooit so iets dra nie, maar toe ek die rok aanpas, het ek daarvan gehou. Soms moet jy jou dwing om iets aan te trek wat nie noodwendig jou smaak is nie, dan kry jy dalk iets ongewoons wat vir jou werk. Dit hou dinge interessant.

Het jy ’n gunstelingontwerper?
Op die oomblik is ek mal oor Zac Posen. Alles wat hy doen is pragtig – sy informele klere, truie, hemde, toppies. Ek hou ook van die aandrokke van Midde- Oosterse ontwerpers soos Elie Saab. Calvin Klein het by vanjaar se Globes lieflike rokke gehad. Claire Danes en Emma Stone het pragtig gelyk Het jy troeteldiere? Ek het ’n reus van ’n hond en is vreeslik lief vir hom. Finn, ’n rooi Labrador, weeg seker amper negentig pond en is pragtig. Mense keer my op straat voor om te vra watter soort hond hy is. Ek en John het hom saam gekry. Toe hy klein was, was ons lewe ’n chaos, want hy was baie stout, en daar was veral heelwat glipsies. Ons het probeer om hom reg te leer. Niemand wil hê ’n hond van negentig pond moet op jou spring nie. Ek gee nie om nie, maar ander mense sal dalk kla.

Jy bly nou in Los Angeles. Gaan jy nog gereeld Engeland toe?
Ek werk gereeld in Engeland, wat wonderlik is. Ek doen mediatoere en gaan kuier vakansies by my familie. Ek sal graag eendag wil terugtrek. Ek het steeds ’n huis in Notting Hill, en my mense bly nog daar.

Wat is jou skoonheidsroetine vir ’n glansgeleentheid?
Deel van die pret is die voorbereiding! Die hele proses is nou minder senutergend. Ek sien nou al uit daarna. Jy begin die ander mense ken en dit word meer familiêr, dis nie meer ’n bloedbad nie. Die eerste keer is nogal oorweldigend. Dit voel asof almal jou dophou, maar dan besef jy almal is in dieselfde bootjie. Ek probeer om elke keer iets nuuts met my klere te doen. Ek het ’n wonderlike stilis wat my help en ’n verskeidenheid rokke bring waaruit ek kan kies. Heelwat rokke word ook vir my gestuur. Die ontwerpers is baie vrygewig.

Jy doen ’n indrukwekkende danstoneel in die fliek. Hoe het jy dit reggekry?
Ek moes op al my versteekte talente staatmaak. Ek het die regisseur, George Nolfi, belowe dat ek my bes sou doen. Ek kon ’n hele ruk lank nie eens ’n afspraak met George kry nie, want hy was op soek na dansers vir die rol. Ek het my agent kort-kort gebel om te hoor of hy al na akteurs kyk. Ná twee maande het ek George uiteindelik in die hande gekry. Hy het dadelik gesê: “Jy weet ek is op soek na ’n danser?” Ek antwoord toe: “Dis ’n liefdesverhaal, en as jy nie die regte chemistry en spel kry nie, gaan jy nie ’n fliek hê nie.” Hy het gedink ek was baie dapper (lag). Ek het hom belowe dat ek baie hard sal werk om soos ’n danser te lyk. Agt weke voor ons begin skiet het, het ek danslesse begin neem en ek het tydens die verfilming voor en ná werk en op my af dae ekstra oefeninge gedoen. Ek het  elke dag twee uur lank gedans, twee uur in die gim bestee, en was op ’n aaklige dieet, wat seker die moeilikste deel van die affêre was (lag). Die eerste vier weke was baie moeilik, maar toe ek eers daar verby is en ons begin skiet, het ek gedink dat dit een van die lonendste ondervindings van my lewe was.

Kon jy die danserlyf behou?
Nee! (lag). Dit is ’n voltydse werk. Ek het dit vir ’n rukkie reggekry, maar dis ’n leefstyl, en ek glo nie aan so ’n ekstreme leefstyl nie. Ek hou van balans. En het nie tyd vir daardie uitmergelende vier uur lange oefensessies elke dag nie. Dis fantasties vir dansers om sulke lywe te hê, maar dis te veel vir my. My rug het soos ’n sak vol slange gelyk. Ek is nou weer normaal. ’n Bietjie ronder en sagter, maar dis reg met my.

Jou ma was ’n aktrise. Wat het jy by haar geleer?
Sy het my geleer om dapper te wees. Sy is baie veelsydig en kan enige stem of aksent namaak. Ons het ook dieselfde smaak as dit by flieks en optredes kom. Sy is ’n goeie klankbord. Ons het dieselfde idees oor toneelspel en sy sien die nuanses raak omdat sy soos ek dink. Dis vir my lekker om met haar daaroor te gesels.

Jy het glo gehakkel as kind. Sal jy daaroor praat?
Ek is baie opgewonde dat The King’s Speech so goed gevaar het. As jy hakkel, is jy dikwels in die boelies se visier en word soms genadeloos geterg. Boonop dink mense ons is outisties, of het leerprobleme, wat gewoon nie waar is nie. Ek het deur ’n organisasie in New York, The American  Institute  of Stuttering, geleer dat dit oorerflik is. Dit kom in my familie oor die algemeen by die seuns voor, maar ek het dit ook gekry. Dis ’n foltering, glad nie ’n grap nie. Jy weet wat jy wil sê, maar ’n sinaps in jou brein stuur die verkeerde sein en dan sluit jou stembande. Dis aaklig. Jy kan tegnieke aanleer om dit te oorkom, en soms ontgroei jy dit, maar almal is nie so gelukkig nie. Sommige mense sukkel deur hul volwasse lewe daarmee en dit beperk jou om ’n goeie werk te kry, mense neem jou nie ernstig op nie, en beperk jou selfs om ’n verhouding te hê. Ek sou aanbeveel dat ouers hul kinders dramaklasse laat neem, want dit kan baie bevrydend wees om te maak of jy iemand anders is wat nie hakkel nie. Dis ’n wonderwerk dat ek nooit op ’n verhoog gehakkel het nie. Ek weet van so baie akteurs wat ook hakkel, soos Bruce Willis en James Earl Jones, maar hulle hakkel glad nie as hulle toneelspeel nie. Ek het met die klasse begin toe ek 12 of 13 was, en ek hakkel soms nog, gewoonlik as ek oor die telefoon praat, of baie moeg is. Ek het begin  hakkel toe ek sewe was en dit het ná 14 of 15 beter geword.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.