kategorieë: Bekendes

Nádine se sangloopbaan is “eindeloos”

Wanneer het jy die eerste keer besef jy wil sing?
Ek het nog altyd gesing, van ’n jong ouderdom af. My eerste album is op 13 bekend gestel, so dis eers toe wat die droom van ’n sangloopbaan werklik begin vorm aanneem het.

Hoe het jou sangstyl in die afgelope 15 jaar verander?
Aan die begin van my loopbaan het ek ligte popmusiek gesing vir die kinder- en gesinsmark. Ek skryf nou ook musiek en my loopbaan as ’n sangeres wat volwasse, kontemporêre musiek sing, is gemik op die plaaslike Afrikaanse en Suid-Afrikaanse gehore, asook dit wat ek in Europa doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wou jy nog altyd op internasionale vlak presteer? 
Dit was nog altyd ’n droom om “oorsee” ook te sing. My eerste single is in 1999 in Nederland uitgereik. Maar dit was eers in 2008, toe ek ’n agent van België ontmoet het (deesdae is hy ook my bestuurder), dat ek my tyd en energie aan daardie deel van my loopbaan toegewy het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat was vir jou die verrykendste deel van jou tydperk oorsee?
Ek reis minstens ses keer per jaar na óf Nederland/België óf Swede.  Een van die verrykendste tye was met die opnames van my vorige album, This time I know. Dit was my eerste opname in die buiteland en alles was nog nuut en vreemd en ek moes uit my gemaksone beweeg en presteer. Dit was soms ontsettend moeilik en vermoeiend, maar die resultaat was die moeite werd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter uitdagings moes jy oorkom om te kom waar jy vandag is?
Die uitdagings hou nooit op nie. Die harde werk agter die skerms, die vashou aan ’n plek in die bedryf, die stryd om positief te bly en die kweek van deursettingsvermoë om teleurstellings te verwerk, het deel geword van my menswees. My eerste album was het ek op my eie gefinansier – elke naweek gratis promosies in winkelsentrums gedoen om my CD te bemark; die hoop dat die kaartjieverkope by konserte genoeg sal wees om my eerste toerbus te kon betaal; ek moes deurnag ry om betyds te wees vir die volgende oggend se vertonings: ek moes aanvaar sangeresse met dieselfde naam (die rooikop sangeres Nadine Blom het haar debuut in dieselfde tydperk gemaak) veroorsaak verwarring in die musiekbedryf en dat ek niks daaraan kan doen nie; ek het my stem verloor weens stemnodules … Die lys is lank.

Hoe ervaar jy die Suid-Afrikaanse musiekmark?
Die Suid-Afrikaanse musiekmark is ongelooflik divers. Nie omdat ons so ’n verskeidenheid genres het nie maar omdat ons soveel kulture en tale het wat nie maklik die grense oorskry nie. Jy moet kies waar jy wil presteer – elkeen het sy voordele. Die Afrikaanse kommersiële afdeling is een van dié wat die meeste vertonings bied, die meeste aksie het en waar die publiek se waardering en erkenning ’n groot rol speel. My Engelse album was ongelooflik suksesvol hier, ook onder die Afrikaanse gehore, daarom dat ek getrou bly aan die Afrikaanse musiekliefhebbers. My hart is Afrikaans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou nuwe album Eindeloos. 
Dit was lankal ’n logiese besluit om ’n nuwe Afrikaanse album op te neem. Ek moes twee keer België toe vlieg vir die opnames en een keer na Swede. Dit was intens en vermoeiend, maar makliker as die vorige album en verfrissend om dit weer in Afrikaans te doen.

Het jy al die lirieke self geskryf? 
Nee. Ek het lirieke vir vyf en komposisies vir drie liedjies gedoen. Die lekkerste is om daarna te luister en om dit met gehore te deel. Die moeilikste? Om my hart in my lirieke oop te maak. Ek moet dit doen om getrou te bly aan myself.

Watter liedjie is jou gunsteling?  Hoekom?
Wanneer jy self skryf is, dit soos om ’n gunsteling onder jou kinders te kies. Sommiges is deur ander skrywers geskryf, wat soms my emosies beter kan verwoord as wat ek kan doen. “Eindeloos”, “Ek haal weer asem” en “Kompas” van my gunstelinge.

Is jy tevrede met die terugvoer?
Dit is en bly ’n proses. Die reaksie van die publiek is tot dusver fantasties. Ek is bly!

Jy is op ’n jong ouderdom uit die skool, waarna jy jou skoolloopbaan deur private onderrig voltooi het.  Hoe het hierdie besluit jou lewe beïnvloed?
Dit het alles verander. ’n Mens moet soms doelbewus ligsinnigheid en samehorigheid opsoek, eensaamheid vermy, balans probeer behou, volwasse, langtermynbesluite neem en weet dat dit onomkeerbaar is.

Jy is al 15 jaar lank in die musiekbedryf.  Wat was  hoogtepunte?
My optrede by Two Nations in Concert voor 50 000 mense, onder wie oud-pres. Nelson Mandela en prins Charles; die Vonk/Rapport-toekenning vir “This time I know”; my SAMA- nominasies; die eerste plek in die World Peace Song Festival en om in 2010 voor byna ’n halfmiljoen mense in Berlyn te sing en om by die FIFA Fan Fest met die Sokkerwêreldbeker op te tree, was my hoogtepunte.

Saam met wie wil jy nog optree?
Daar is ’n lys kunstenaars! Jamie Cullum, Celine, my Sweedse regisseur Nick Manic, verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat almal vriende en kollegas is. Elke ervaringhelp om  my as kunstenaar te slyp – ek het ’n passie vir musiek en dis wonderlik om dit te deel met ander wat ook passievol daaroor  isl!

Watter ander drome wil jy graag nog bereik?
Ek wil Italië, Disney World, Suide van Frankryk en Mexiko besoek. Ek wil meer belese en kundig op politiese en ekonomiese vlak wees. Ek wil ’n verskil maak deur meer liefdadigheidswerk te doen. Om in nog musiekblyspele te sing en dans is ’n groot en kosbare droom. Om Duits vlot te praat is nou nog net een lang sin met baie kommas en geen punte nie. Ek wil leer kook, lieflike kinders hê, ’n boek skryf en elke oggend wakker word met dankbaarheid teenoor God vir my seëninge, nog voordat ek my oor dagtake begin bekommer. Life is to be lived.

By wie soek jy raad?
My ma gee liefdevolle raad. ’n Goeie, jare lange vriend ook. My bestuurder gee wyse raad.

Hoe balanseer jy jou loopbaan en persoonlike lewe? 
Ek sukkel daarmee. Die verantwoordelikhede, sukses en doelstellings in my loopbaan oorvleuel met die emosionele besluite, teleurstellings en kreatiwiteit in my hart en kop. Ek probeer doelbewus om ’n klein spasie vir my te behou. Ek lees, google vir grappies, bou legkaarte, speel gholf en probeer om uit die raamwerk waaruit musiek bestaan, te klim. Ek glo altyd: Life is not just about me, myself and I. Daar is lewe daarbuite. Om pro-aktief te wees en ander te probeer help, dra daartoe by dat jou eie probleme tydelik eenkant toe geskuif word.

Is daar op die oomblik iemand spesiaal in jou lewe?
Daar is iemand vir wie ek baie omgee en wat my ondersteun.

Wat is die mooiste kompliment wat jy al ontvang het?
Dat ek die mooi in iemand na vore kan bring en dat ek vertrou kan word. Dit maak my hart warm.

Hoe word jy rustig?
Die pas van die lewe word al vinniger. Ek moet my daaraan herinner om te stop. Gebed help baie.

Watter woord beskryf jou die beste?
Lojaal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.