Espressokoekies
Serves: 36 koekies
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Maak 36 koekies
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena)
- 265 ml (1 k + 1 e) sagte botter
- 80 ml (1⁄3 k) sagte bruinsuiker
- 80 ml (1⁄3 k) goeie kitskoffie koffiebone om mee te versier
Instructions
1 Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
2 Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak.
3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by.
4 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.
5 Druk ’n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.
6 Voorverhit die oond tot 160 °C.
7 Bak vir 25 min tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.
Rooi Rose
Lees Meer
Kaneelsouskluitjies
22/04/2024
Romerige gebakte botterskorsies
22/04/2024
Botterskorsie-en-lemoensop
22/04/2024