kategorieë: InspirasieJou lewe

Etiket by ’n begrafnis

Etiket by ’n begrafnis. Inligting verskaf deur Metropolitan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy al ’n selfie by ’n begrafnis geneem? Of tydens die slotgebed daar aangekom? Of die verkeerde klere aangehad?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die regte begrafnis-etiket is belangrik want dit bewys respek aan die oorledene en hul familie. Maar soms weet ’n mens nie hoe om op te tree nie,” sê Caskey Ndaba van Metropolitan. Metropolitan bied nou ’n pakket wat kliënte help om hul eie begrafnis in die fynste detail te beplan, maar dan om mee te begin is dit belangrik vir jou om die etiket van begrafnisse te ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ndaba deel die volgende paar wenke vir die korrekte etiket by begrafnisse:

1 Trek paslik aan

  • Baie kulture het hul eie tradisies, maar die meeste roubeklaers verkies swart aangesien dit die kleur van rou is.
  • Kleredrag is egter deesdae meer ontspanne en neutrale kleure is ook gepas.
  • Vermy helder bedrukte of blink materiaal.
  • Trek met respek aan en maak seker dat jou uitrusting netjies en gestryk is.

Lees ook: Geskei? Etiket vir funksies waar jou eks ook gaan wees

2 Moenie laat wees nie

  • Sorg dat jy tien minute voor die diens daar is.
  • As dit ’n groot begrafnis is, sorg dat jy 30 minute voor die tyd daar is om sitplek te verseker.
  • As jy laat is, wees diskreet.
  • As daar ’n prosessie is, wag buite tot dit verby is.

Lees ook: Jou kind en die dood: 9 waarskuwingstekens

3 Jy kan nie sommer enige plek sit nie

  • Die eerste paar rye is vir die nabye familie en vriende. As jy nie in daardie groepe val nie, sit in die middel of agter.
  • As jy sit, is dit respekvol om te bly tot die diens verby is.

Lees ook: Praat só met jou kind oor die dood

4 Moenie jou selfoon tydens die diens gebruik nie.

  • Al is jy verslaaf aan jou foon, moet jy onthou die begrafnis is ’n tyd waarin jy aan jou herinneringe van die oorledene moet nadink.
  • Skakel jou foon af. Dis ’n verleentheid as jou foon lui tydens die begrafnis.

Lees ook: Só maak doelas die dood minder skrikwekkend

5 Moenie foto’s neem en dit op sosiale media versprei nie

  • Hou maar eerder jou foon in jou sak tydens die begrafnis.
  • Dis onvanpas om te twiet, Snapchat of om foto’s of aanmerkings op sosiale media te deel tydens ’n roudiens en dit kan die familie van die oorledene ontstel of te na kom.

Lees ook: Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie geweet het nie

6 Praat so min moontlik as jy simpatiseer

  • Dis soms moeilik om te weet wat om te sê aan iemand wat ’n geliefde verloor het, en dis heeltemal normaal. Hier is egter ’n paar wenke:
  • Hou jou simpatie kort soos: “Ek is jammer vir jou verlies,” of  jy kan hul hartseer erken met “Dit moet vir julle baie moeilik wees.”
  • As dit gemakliker is om eerder nie iets te sê nie, kan jy ’n sagte drukkie gee of die persoon wat rou se arm liggies druk.

Lees ook: Jy kán herstel van trauma

7 Bied hulp aan

Die bedroefdes het dikwels nie tyd vir praktiese dinge soos tee maak en om gaste te verwelkom, of om koek te bedien nie. Bied hulp aan deur hulle te help hiermee, of enige ander takies wat gedoen moet word.

Die belangrikste ding om te onthou is dat by ’n begrafnis word die lewe van ’n oorledene gevier. Die een ding wat almal by die begrafnis deel, is die herinneringe aan die oorledene, sluit Ndaba af.

*Vir meer inligting besoek www.metropolitan.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.