kategorieë: In die nuusJou lewe

Facebook en die dood

Eers in facebook se vierde jaar het die dood ’n sigbare kwessie op hierdie platform geword. Dit was in 2007 met die skietinsident op Virginia Tech se Blacksburg-kampus in die VSA waarin 33 mense gesterf het. Vir die eerste keer het ’n nasionale ramp aanlyn eerder as deur die kabelnetwerke ontvou. Vanuit hul skuilplekke op die kampus het studente Internetberigte geplaas terwyl die massamoordenaar die kampus geterroriseer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Facebook-profiele het naasbestaandes en joernaliste gehelp om agter te kom wie in die ramp dood is, omdat die profiele onveranderd gebly het en die betrokkenes se facebook-vriende maklik gekontak kon word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Facebook se beleid rakende gebruikers wat dood is, het onder die soeklig gekom

In memoriam

Facebook se beleid rakende gebruikers wat dood is, het onder die soeklig gekom. Oorlede gebruikers se profiele is nie meer soos vroeër uitgevee nie maar op versoek in “Memorialized accounts” verander. So ’n profiel is ’n plek waar vriende en familie herinneringe kan deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Die woord Remembering wys langs die persoon se naam
• Afhangende van die privaatheidstellings kan vriende herinneringe op die “memorialized timeline” deel
• Die persoon se profiel verskyn nie in verjaarsdagaankondigings, advertensies of “People you may know” nie
• Facebook beveel aan dat mense wat herinneringe wil deel ’n facebook-groep stig

Jy kan facebook laat weet of jy met jou dood ’n “Memorialized account” wil hê en of jou profiel uitgevee moet word. Jy kan ook ’n “legacy contact” aanwys, iemand wat jou profiel kan hanteer wanneer dit ’n “Memorialized account” word.

Bron: Internet-argiewe van die Missouri Review en www.facebook.com

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.