kategorieë: In die nuusJou lewe

’n Pa reis met sy kleuterkind

Ek moet erken, ek het ook gefrons oor die idee. Stefen Chow, ’n professionele fotograaf van Beijing, het op ’n dag besef sy tweejarige dogtertjie, Chow, neem die wêreld al wakkerder waar. Hy het agt dae oop gehad en haar op ’n mini-avontuur na Taiwan geneem terwyl haar mamma moes werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die twee het saam met babadiertjies op ’n plaas uitgehang, agter treine aangejaag, en saam teen ’n storm geskuil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons vriende het gesê sy is gans te jonk en het haar mamma nodig, maar soms moet jy op ’n verantwoordelike wyse ’n risiko neem om interessante ervarings te hê.”

Stefen moes doeke omruil en saans vir Chow aan die slaap sus, “maar uiteindelik was ek ’n ‘regte’ ouer en nie meer haar tweede keuse nie! Vroue is bevoorreg om nege maande se swangerskap te ervaar. Ek kon so ’n bietjie inhaal. Ek het ook baie gou agtergekom watter veeleisende taak ma’s het. En ek het my dogtertjie fyner leer ken.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die twee het met ’n fiets langs die ooskus van Taiwan gery, “saam met babadiertjies op ’n plaas uitgehang, op vissersbote gery, agter treine aangejaag, heuwels geklim en saam teen ’n storm geskuil. En ons het meer gegiggel as tantrums gegooi.

“Die ervaring het ons nader aan mekaar gebring. En die beste is – Chow se mamma stem saam!”

Meer inligting en foto’s by www.medium.com en stefenchow.com

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.