Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk en vroulief, Miné, het weer ‘n pienkviet op pad – nóg ’n dogtertjie!
Die egpaar het die nuus Sondag op sosiale media gedeel met ’n video van hul gesin en die woorde: “We’re growing the De Klerk team.” Die aankondiging volg meer as ’n jaar nadat hul eersteling, Remi-Ré de Klerk, op 27 Februarie by die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebore is.
Faf en Miné de Klerk het mekaar in 2015 ontmoet toe gemeenskaplike vriende hulle aan mekaar voorgestel het. Miné, ’n apteker van beroep, het vir Faf genooi om saam met haar na ’n troue te gaan, waarna hulle verhouding begin het. Die paartjie is in Oktober 2022 op die La Paris landgoed in Franschhoek getroud – ’n gewilde trouvenue onder die Springbokke.
View this post on Instagram
Nog Springbok-babas op pad
Twee ander Springbok-gesinne het onlangs soortgelyke opwindende nuus gedeel.
Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, het in April op sosiale media gedeel dat sy swanger met ‘n dogtertjie is – net ’n paar dae nadat hulle hul seuntjie, Hunter, se eerste verjaarsdag gevier het. Volgens die plasing, sal Hunter in Oktober ‘n ouer boetie word.
“Our family is growing! 🍼 Hunter is going to be a big brother and we are beyond excited; God is so good. Our little girl will join us end of October 🎀,” het sy by die plasing geskryf.
Die Pollards het ook bekend gemaak dat hulle binnekort van Engeland na Suid-Afrika sal terugkeer, waar Handré vanaf Julie by die Bulls in Pretoria sal aansluit ná sy tyd by die Leicester Tigers.
View this post on Instagram
Die Springbok-slot Eben Etzebeth en vroulief, die sangeres en aktrise Anlia Etzebeth, het in Mei op sosiale media aangekondig dat hulle hul tweede baba, weer ‘n dogtertjie, verwag!
Anlia het die opwindende nuus gedeel saam met ’n vrolike gesinsfoto van die paartjie en hul dogtertjie, wat in Januarie vanjaar een jaar oud geword het. Die onderskrif lees:
“#BabyEtzebeth2 on the way! Can’t wait to welcome our little wildflower girl!”
View this post on Instagram
Baie geluk aan die De Klerks!
View this post on Instagram
Lees ook: Baba-opwinding onder die sterre: Hierdie 5 bekendes vier nuwe lewe!