Foto’s: Instagram/Marciel Hopkins/Local Truth Studio
Die geliefde TV-aanbieder en model, Marciel Hopkins, het pas ’n nuwe rol betree – dié van mamma! Sy het vandag op sosiale media gedeel dat sy en haar man, Handrè Lourens, hul eersteling verwelkom het.
Die baba, ’n seuntjie met die unieke naam Halki Hopkins-Lourens, is op 2 Julie 2025 in die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad gebore.
Marciel, wat veral bekendheid verwerf het as aanbieder van die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou, het by die plasing geskryf:
“’n Goddelike les in uiteindelike oorgawe! Ons is in absolute verwondering oor die wonder van lewe…”
View this post on Instagram
Sy het ook die spesiale betekenis agter haar seuntjie se naam gedeel. Halki is vernoem na ’n dorpie wat die paartjie in 2024 op die Griekse eiland Naxos ontdek het. ’n Vinnige koffiestop het in een van hul gunsteling-ervarings ontaard – en die herinnering aan dié betowerende bergdorpie sal nou vir altyd deel van hul seun se storie wees.
“Halki, jou naam en lewe sal vir altyd ’n simbool wees van alles waarvoor jou pa en ek vurig passievol is. Ons kan nie wag om dit alles saam met jou te beleef nie: Die wêreld lê oop voor jou, my seun!”
Baie geluk aan die trotse ouers!
Lees ook: Ons voorbladsterre verklap hul gunsteling-parfuum!