kategorieë: ReisOntspanning

Faircity Mapungubwe: avonture in die stad

Omdat die lekkerste avonture daardie is wat jou uit jou gemaksone haal, het ek gekies om in Marshalltown, Johannesburg te gaan kuier. Ek was nog nooit daar nie, en het besluit om nie vir die middestad te skrik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Mapungubwe-hotel is op die hoek van Marshall- en Ferreira-straat, met ’n vrolike ingang wat in die ikoniese sementgebou wegkruip. Daar is baie onderdakparkering wat sorg dat jy gerieflik tussen jou kar en die ontvangs kan wissel. Vrolike portiere wag ons in en neem ons na die ontvangsdame, wat so mooi glimlag dat mens hard moet probeer om met haar nors te kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons kamer is perfek ingerig vir besigheid of plesierige kuiers. Omdat die Mapungubwe ook as luukse woonstelle dien, is daar ’n kombuis en vries- en yskas in ons kamer. Perfek as jy ’n paar dae gaan bly en nie elke maaltyd by ’n restaurant wil eet nie. Die televisie is sigbaar vanuit die bed en ’n rusbank sodat jy lekker rustig ’n fliek kan kyk.

Herstelwerk aan die Mapungubwe se restaurant het ons verhinder om op die perseel aandete te eet, toe reël hulle dat ons by ’n gewilde restaurant naby die hotel ’n draai maak. Aangesien die hotel gratis ’n pendelbussie vir gebruik aanbied, het ons die kans aangegryp om die stad te verken. Die bussie neem gaste enige plek in ’n 5 km-radius, jy moet net sorg dat jy by ontvangs bespreek. Om in die middestad te parkeer en verdwaal, is vir niemand pret nie, maar om rustig terug te sit en jou aan die gebeurtenisse in die stad te verkyk terwyl ’n bekwame bestuurder jou heen en weer ry, is darem maar ’n luukse ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Potato Shed in Newtown Junction se gebou bestaan al sedert 1911, maar het nuwe lewe gekry danksy hierdie verfynde eetplek. Dit is beslis die moeite werd vir vleisliefhebers om die verskeie disse uit die putrokers, vuurkuipe, robata-roosters, en houtvuur-oonde te beleef. My gunsteling was die Pulled pork belly – saam met een van die verfrissende craft-biere.

Toe ons klaar geëet het, was ons drywer reg om ons weer veilig by ons kamer af te laai. Net toe ek aan die slaap raak, besef ek dat my beddegoed darem baie lekker luuks voel …

Tyd vir ontbyt. Na ’n kloppie aan die deur kom ’n klein spannetjie in om ons ontbyt op ons ruim stoep op te stel. Ek luister na die voëls terwyl ’n verskeidenheid gebak, kase en besondere rösti alles my aandag verg. Die sjef beveel aan dat ons die vars beetsap proe, en ek was glad nie spyt nie.

Mens kan seker nie heeldag net op die stoep sit nie, toe staan ons op en loer oor die reëling na die helder klein swembadjie in die middel van die hotel se gronde, wat beslis later verkoeling sou kon bied.

Nog ’n uitstappie was vir ons gereël: craft-bier proe by die nuwe Mad Giant-brouery by 1 Fox Street (Market Shed). Die brouery is in twee gedeel, ’n beskeie en gesellige biertuin, en langsaan die groot brouery met die Urbanologi-restaurant. Die dekor is asemrowend, en aandag is aan elke stukkie detail gegee. Ons het nie tyd gehad om te eet nie, maar die Japanese fushion-spyskaart is versigtig saamgestel om by die verskillende biere te pas. Ons het wel van die biere geproe – dit was ’n groot treffer met sagte geure wat nie ’n swaar smaak in jou mond los nie.

Ons tyd is klaar en ons word terug na die hotel geneem, spring gou in daai lekker swembadjie, en groet met ’n swaar hart. Volgende keer kuier ons ’n bietjie langer!

Vir meer inligting oor Faircity Mapungubwe klik hier, of stuur ’n epos aan reservations.mapungubwe@faircity.co.za

Save

Save

Save

Save

Save

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.