kategorieë: ReisOntspanning

Fairlawns Boetiekhotel en Spa

In die November 2017-uitgawe van rooi rose loer Hanna Grobler oor die rug van ’n wit bank met ’n kunspels-throw. Agter haar brand ’n vuur in die kaggel en glaskandelabers blink warm en geel. Op ’n ander bladsy leun sy teen ’n elegante kroegtoonbank, ’n glas vonkelwyn binne haar bereik. Dié weelde behoort aan die pragtige Fairlawns Boetiekhotel & Spa waar ons November-voorbladfoto’s geneem is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto: Leana Clunies-Ross

Dié hotel is geleë in Morningside, Johannesburg; net ’n klipgooi van Sandton af. Maar hoewel die hotel in ’n besige buurt gevind kan word, is daar niks wat jou laat voel asof jy gedruk is sodra jy die perseel binnegaan nie. Inteendeel, Fairlawns bied ’n tikkie rustigheid in die raserigheid van die stad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fairlawns, eens ’n luukse woning, is in 1997 omskep in ’n boetiekhotel en vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Die groot, gemanikuurde tuine word gereken as ’n goed opgepaste geheim in Johannesburg en bied welige grasperke en boomryke tuine waarheen jy kan ontsnap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie boetiekhotel bevat ook ’n luukse spa waar jou ontspanning en welsyn die fokuspunt van elke behandeling is. Die Balinese-styl spa bied behandelings vir van jou kop tot tone. Terapeute bied konsultasies om die beste behandeling vir jou te vind en hulle werk planne uit sodat jy jou vel ook tuis optimaal kan versorg. Jy kan kies of jy die behandelings binne die spa-area of in een van die Thaise salas in die tuin wil ontvang waar jy omring is deur die rustige tuine en groenigheid wat kalmering verseker. Hierdie is ook ’n gepaste pamperlanggeskenk vir ’n geliefde.

Foto verskaf deur Fairlawns Boetiekhotel & Spa

Daar is meer as 40 kamers beskikbaar by die hotel wat van smaakvol-eklekties tot Frans-sjiek strek. Kamers wissel van suites wat gepas is vir families en groter groepe tot luukse kamers wat hul eie spa’s bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Fairlawns Boetiekhotel het ook verskeie restaurante, kroeë en onthaalsale wat by elke smaak pas. Die onthaalgeriewe kan tot 60 gaste verwelkom wat ’n glansryke en intieme geleentheid verseker. Daar is die Amuse-Bouche restaurant wat ’n Franse invloed op hul moderne kookkuns toepas. Die Manor House Bistro is meer eklekties en bied café-styl etes en is ’n ideale ligging om drankies of nagereg te geniet. ’n Goeie ligging waar jy jou aand kan begin is by die Piano Lounge waar plaaslike klavierspelers op die Broadwood Baby Grand speel terwyl sjampanje bedien word. Laastens is daar die Muse Sjampanjekamer, waar ons vir Hanna afgeneem het, met sy eie private atrium-tuin.

Foto: Leana Clunies-Ross

Die Muse Sjampanjekamer is in samwerking met die luukse Franse sjampanje-handelsnaam, Perrier-Jouët, geskep. Hierdie kamer is intiem en ideaal vir kleiner groepe of paartjies wat in ’n elegante, private omgewing wil kuier. Hier is ’n groot verskeidenheid van internasionale sjampanjes en plaaslike luukse vonkelwyne beskikbaar, asook ’n seleksie van top-kwaliteit drankies. Vonkelwyn en mengeldrankies is hierdie ligging se spesialiteit, asook ligte etes. Die dekor is hoofsaaklik smaraggroen, roosgoud en wit. Die marmerkroegtoonbank en sagte leermeubels leen swier aan die kamer saam met blink oppervlaktes en geel, warm lig. Die atrium-tuin laat jou toe om jou dag af te sluit waar jy die son kan sien sak en in die bome al die voëls hoor fluit.

Loer hier na ’n virtuele toer deur die Sjampanje-kamer.

Kyk ook hier na ons agter-die-skerms-fotosessie met Hanna Grobler in die Sjampanjekamer.

Kyk hier na ons 41 vrae aan Hanna (wat in een van Fairlawns se suites opgeneem is) en leer meer oor ons November 2017-voorbladvrou.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.