Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met SA Expo Feesgids, bou voort op die sukses van groot kuier- en kultuurfeeste – soos KKNK, Innibos en Aardklop – en loots op 19 en 20 Augustus 2016 die eerste jaarlikse FAK Kunstefees, wat voortaan in Gauteng gaan nesskop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die terrein van die kultuurryke Voortrekkermonument dien as die hartklop van hierdie feestelike geleentheid, is sentraal geleë en het genoeg spasie om duisende mense met gemak te hanteer. Alhoewel musiek vanjaar die hooffokus gaan wees, word daar reeds beplan om van volgende jaar af allerlei kunste, wat verhoogproduksies insluit, ’n volwaardige feesplatvorm in Pretoria te gee. 150 spesiale uitstallers – wat kuns- en kosstalletjies, bier- en wynareas en kindervermaak insluit – gaan van die begin af deel wees van die pret. Natuurbewustheidsprogramme, wat slang- en roofvoëlvertonings insluit, is ook deel van die program.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Feeshekke gaan elke oggend van nege-uur af oop wees en teen tienuur sal die eertse vertonings op die dagverhoog begin. Feesgangers kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur kunstenaar soos Armand – The Singing Cowboy met sy dansende perd, Izaan, Marius Dippenaar, Jason, Ronaldo, Maryna Knoesen en vele meer. Saterdag sal daar ook ’n spesiale koorfees wees waaraan sowat ’n duisend kinders gaan deelneem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die fees sal Vrydagaand op ’n hoë noot afskop met ’n spesiale rock-konsert wat groot name, soos Francois van Coke, Anton Goosen, Saarkie, Beeskraal en Riaan van Rensburg, gaan insluit. Die vertoning sal reeds om 19h00 begin. Saterdagaand se hoofkonsert gaan ’n musiekskouspel wees wat die gehoor se asem gaan wegslaan. Gewilde name in die Afrikaanse musiekbedryf – soos Kurt Darren, Manie Jackson, Ricus Nel, Jakkie Louw, Jak de Priester, Arno Jordaan, Liza Brönner, Nadine, André Schwartz, George Longane, Jezelle en Lance James – gaan hulle grootste treffers, asook lekker saamsing FAK-liedjies op die verhoog deel. Lance James sal ook tydens hierdie geleentheid vereer word vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.
Jezelle se enkelsnit, Vir Ons Mense, sal die amptelike feeslied wees waaraan al die kunstenaars en ’n massakoor gaan deelneem tydens die hoofkonsert. Die liedjie is reeds wêreldwyd, op iTunes en ander musiekplatvorms, beskikbaar en die musiekvideo word eerskomende Saterdag eksklusief op kykNET se Jukebox bekendgestel. Johan Yssel, Jezelle en van die kunstenaars wat by die fees optree sal ook in die ateljee wees om oor die geleentheid te gesels. Vir Ons Mense gaan ook voortaan as ’n gewilde televisie-kanaal se temalied gebruik word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.