kategorieë: KalenderOntspanning

Fees op Pringlebaai

Die doel van die fees is om mense te lok wat nie gewoonlik die dorp sou besoek nie. Die fees sal ook plaaslike kunstenaars ’n kans gee om met hul talente te woeker. Die opbrengs van die fees sal aan die plaaslike skool, Pringle Bay Eco, en die plaaslike liefdadigheidsorganisasie vir diere, KAWS, geskenk word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vermaak by die fees is gemik op alle ouderdomme en besoekers kan die geleentheid gebruik om die onontdekte strande, die rivier en die strandmeer asook die bergpaaie te voet en per bergfiets te ontken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pringlebaai is omring met Valsbaai aan die een kant en Kaapse punt aan die ander. Daar is ’n unieke uitsigpunt vanaf die top van die Hangklipberg op Valsbaai. Die lighuis is snags ’n unieke gesig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onder die geskiedkundige plekke wat besoek kan word, tel die kamp vir oorlogsgevangenes, die radarstasie en die grotte waar slawe wat weggeloop het, weggekruip het.

Pringlebaai is net ’n bietjie meer as ’n uur se ry van Kaapstad en het verskeie kroeë en restaurante.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Talle plaaslike ondernemings produseer produkte soos onder meer skoonheidsprodukte, heuning en die lekkerste koekies. Akkommodasie is volop.

Tydens die fees van twee dae sal daar musiek, wynproe, kunsuitstallings, kinderaktiwiteite, kos, dans, ’n slangskou, prettige hondeskou en kleurwedren aangebied word.

Saterdag begin die fees met ’n wedloop van 6 km of 12 km waaraan die hele familie kan deelneem. Daar is aktiwiteite vir kinders soos ’n dieretuin en wedstryde wat deur ’n plaaslike skool aangebied word. Die plaaslike kerk se basaar is ook deel van die fees en nuwe en antieke motors sal uitgestal word.

Besoekers sal aan oesters en vonkelwyn kan smul terwyl hulle na heerlike musiek luister.

Vir meer inligting besoek of stuur ’n e-pos aan info@pringlebayvillage.co.za of besoek die webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.