kategorieë: GrimeringSkoonheid

Feestelik mooi

Feestelik mooi deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sprankelende goud

Goud en Kersfees hoort nou maar eenmaal saam. Daar is iets betowerends aan goud, net soos Kersfees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die neem-jou-tyd-Middernagwens-voorkoms

Foto: Dior Midnight Wish Holiday Look 2018

Hierdie glansryke Midnight Wish voorkoms van Dior is deur hulle kreatiewe direkteur Peter Phillips geskep. Hy wil elke vrou se wens bewaarheid deur haar mooi te laat lyk op haar eie manier en om haar die geleentheid te gee om haarself te verander as sy lus het. Juis hierom is die tema van die grimeerversameling Christian Dior se Gelukkige Ster.

“Spaar” hierdie voorkoms vir wanneer jy genoeg tyd het om jou grimering keurig te doen (sien ons vinnige goue voorkoms onder).

Lees ook: Die heel beste skoonheidsgeskenke

Emmanuelle Geoffrey, Dior se internasionale “pro” grimeerkunstenaar vertel ons hoe:

Stap 1: Wend onderlaag (Dior Backstage Foundation) aan en tik verbloemer (Diorskin Forever Undercover Concealer) aan onder jou oë. Wend poeier bo-oor aan (Diorskin Forever Extreme Control) om jou onderlaag en verbloemer langer te laat aanbly.

Stap 2: Wend ’n donkerder kontoerpoeier (die mat skakering van Dior Backstage Contour Palette) aan jou wangholtes. Vir meer definisie kan jy dit ook rondom jou kakebeen aanwend. Tik Dior Rouge Blush in 001 op die bokant van jou wangbene aan.

Stap 3: Dior Couleurs palet in 617 Lucky Star is gebruik om hierdie goue rokerige oog-grimering te skep. Wend die roesbruin skakering heeltemal oor die vou van jou oë aan. Gebruik ook die donkerste skakering op die buitehoeke van jou oogvou om dit meer rokerig te laat lyk. Laat jou grimering glansend lyk deur die ligste glinsterende skakering op die binneste gedeelte van jou ooglid aan te wend. Wend maskara (Diorshow Pump ‘N’ Volume) aan jou wimpers en wend ’n paar ekstra lagies aan jou buitenste wimpers aan.

Stap 4: Wend Diorific Mat in 760 Triomphante aan jou lippe

Stap 5: Verf jou naels met Diorific Vernis in 760 Triomphe

Klik hier om na die pragtige video te kyk.

Probeer hierdie produkte

Lees ook: Haarstyl-inspirasie vir die feestyd

Die vinnige Goedvoel-goud voorkoms

Foto: Johan Wilke

Jy kan steeds goue grimering dra, al het jy dalk nie ’n halfuur tyd om jou grimering te doen nie. Hierdie voorkoms sal jou nie meer as 10 minute neem nie!

Gebruik eerder ’n romerige goue oogskadu as jy plooitjies het, want los oogskadu se glinsterende deeltjies kan dalk in jou plooitjies beland en hulle beklemtoon.

#rrWenk: Om romerige oogskadu langer te laat hou, wend eers die romerige oogskadu aan en druk (nie vee nie) liggies bypassende oogskadupoeier bo-oor aan.

’n Perskekleurige lipstiffie laat die voorkoms vars lyk. Begin deur onderlaag en ’n perskekleurige blosser aan te wend. Jy kan egter maklik die perske vir rooi verruil vir ’n meer glansryke voorkoms…

Stap 1:

Wend donkerbruin oogskadu in die buitehoek van jou oog aan.

Stap 2:

Gebruik goue oogskadu oor jou hele oog, van net bo jou wimpers tot onder jou wenkbrou.

Stap 3:

Trek ’n streep met ’n goue oogpotlood op jou boonste wimpers. Wend maskara aan jou boonste wimpers aan

Stap 4:

Wend perskekleurige lipstiffie of glans aan.

Probeer hierdie produkte:

Lees ook: Hou ’n pamperlangdag met jou vriendinne

Rokerige oë

Die meer is meer voorkoms

Foto: CHANEL

“Die vrou wat hierdie (Maximalisme de Chanel) voorkoms dra, kruip nie weg nie, sy hou daarvan as mense vir haar kyk,” sê Lucia Pica, Chanel Beauty se globale kreatiewe direkteur van grimering en kleur.

Vir hierdie beperkte uitgawe Collection Libre 2018 Mixmalisme voorkoms is Gabrielle Chanel se geliefde leeusimbool (wat sy as haar gelukbringer gesien het) gebruik om die emosionele intensiteit en grootheid van die Feesseisoen vas te vang.

Klik hier om te kyk na die stap vir stap video

Probeer die produkte:

Die geen-tyd-snelsmeul voorkoms

Foto; Johan Wilke

Jou voordeurklokkie lui al en jy het pas uit die stort geklim nadat jy rondgeskarrel het om die kos klaar te kry. In my huis is hierdie ’n bekende scenario. Hierdie vinnige weergawe van die rokerige-oë-voorkoms is ’n staatmaker! En dit het net twee stappe! Begin deur onderlaag aan te smeer en gebruik ’n natuurlike pienkerige blosser en lipstiffie.

#rrWenk: Rokerige oë hoef nie altyd in swart te wees nie. Ons het donkerblou gebruik, maar donkerpers, donkergrys of bruin kan ook goed werk.

Stap 1:

Omlyn jou oë met ’n oogpotlood en trek ook ’n paar strepies in die buitehoek van jou oogvou.

Stap 2:

Skakeer die lyne met ’n oorpluisie in. Wend ’n paar lagies maskara aan.

Probeer die produkte:

Lees ook: Doen dit self: Ombré-naels

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.