kategorieë: Ontspanning

Feit of fiksie? Die waarheid oor ons diere

MITE: Diere wat gesteriliseer is, sit gewig aan.
FEIT: Sterilisering veroorsaak nie gewigstoename nie. As jou troeteldier oorgewig is, is dit weens te veel kos en te min oefening. ’n Dier se dieet moet pas by sy ouderdom, aktiwiteite en leefwyse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

MITE: Katte kan nie geleer word om aan ’n leiband te loop nie.
FEIT: Die meeste katte kan maklik opgelei word om aan ’n leiband te loop. Vanweë die natuurlike nuuskierige geaardheid van ’n kat kan ’n lang uitstappie baie opwindend wees. Hou jou kat weg van bome waar hulle dalk kan inklim en vassit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

MITE: Katte land altyd op hul pote.
FEIT: Katte beheer instinktief die manier waarop hulle val en het die vermoë om eerste op hul pote te land. Daar is baie faktore wat bydra tot die wyse waarop ’n kat val – moet ’n kat nooit “toets” of toelaat om op hoë plekke te klouter nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

MITE: Katte moet melk drink.
FEIT: Die meeste katte hou van melk, maar het dit nie nodig as hulle ’n goeie dieet volg nie. Dit kan boonop tot diarree lei. Bederf hulle liewer vir afwisseling met ’n bietjie room.

MITE: Katte kan nie hondsdolheid kry nie.
FEIT: Katte kan net so maklik soos ander soogdiere hondsdolheid kry, en katte wat gaan “jag” het ’n hoër risiko om die siekte op te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

MITE: Ek kan my hond in die erf vasmaak tot ek ’n muur laat bou het.
FEIT: Dis onmenslik om jou hond vas te maak. Dit wakker net aggressiewe gedrag aan. Gereelde, lang stappies sal help, andersins moet jy liewer wag tot die erf veilig omhein is voor jy ’n hond kry.

MITE: As ’n hond se neus koud is, is hy gesond.
FEIT: ’n Hond se neus is koud vanweë die verdamping van vog wat plaasvind as die hond lek. Jou hond kan baie siek wees en steeds ’n koue neus hê.

MITE: Bene hou honde gesond.
FEIT: Met die regte dieet sal jou hond nie die bykomende voedingswaarde van bene nodig hê nie. Hoender- en varkbene kan maklik splinter en is baie gevaarlik. Beesbene is veiliger en help met die skoonmaak van die tande, maar kan ook splinter en veroorsaak dat jou hond verstik. Moet nooit jou hond sonder toesig ’n been laat kou nie.

MITE: Dit is normaal vir ’n hond om ’n slegte asem te hê.
FEIT: ’n Onaangename asem kan normaal wees, maar ’n “slegte” asem kan ’n teken van tandbederf wees. Vra jou veearts om gereeld na jou hond se tande te kyk.

MITE: Swanger vroue moenie ’n kat in die huis hê nie.
FEIT: Sommige katte kan besmet wees met ’n siekte wat toksoplasmose genoem word. Dit kan soms via ’n kat se sandboks na mense oorgedra word en kan tot ernstige probleme by ongebore babas lei. Los die probleem op deur iemand anders na die kat se sandboks te laat omsien.

MITE: Diere maak hul wonde gesond deur dit te lek.
FEIT: ’n Gelek aan die wond kan die helingsproses vertraag en verdere skade aanrig. As dit nodig is, vra jou veearts om vir jou ’n Elisabethaanse halsband te gee wat sal keer dat jou troeteldier by die wond uitkom.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.