kategorieë: Ontspanning

FOMO – Mis jy uit?

In kort is FOMO ’n mengsel van angs, ontoereikendheid en irritasie wat veral deur sosiale media aangehits word. In ’n onlangse opname deur Pharma Dynamics, het meer as 62% van die deelnemers gesê dat hulle in ’n konstante vrees lewe om op iets uit te mis, dat iemand anders met iets baie interessant besig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Simptome van FOMO sluit onder andere in: om op jou tande te kners, die heeltyd jou selfoon vas te hou, die oormatige stuur van SMS’e, oneindige ondervraging, kompulsiewe sweet, te twiet wanneer jy in die badkamer is, en selfs om ongenooid by plekke op te daag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

FOMO kan blykbaar selfs jou immuunstelsel verwoes. Die opname het verder ook getoon dat 13% van mense steeds na ’n partytjie sal gaan, al is hulle siek. Die nadeel van sulke optrede is egter dat ernstige verkoue of griep kan ontstaan indien jy jouself te veel druk en nie rus nie. Daar is selfs ’n risiko om siektes soos asma, brongitis en longontsteking te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe hanteer ’n mens FOMO?

# Besef dat jy nie alleen is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

# Indien jy die aand besluit om by die huis te bly, maak vrede daarmee en sit jou foon af.

# As iemand twiet oor die feit dat jy “uitmis”, twiet terug en sê hulle moet jou ’n volgende keer nooi.

# Daar sal altyd iemand wees wat iets interessanter as jy doen, so aanvaar dit en gaan aan met jou lewe.

# Leef jou lewe en moenie ’n geïdealiseerde prentjie op Facebook skep nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

24 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.