kategorieë: Skoonheid

Gatineau Floracil Plus doen weg met grimering

Gatineau se oorspronklike Floracil grimering-verwyderaar het onlangs ’n nuwe voorkoms gekry en staan nou bekend as Floracil Plus. Dié herontwerp is genoodsaak deur moderne grimering se evolusie en die feit dat vandag se grimering langer in plek bly, meer pigmentasie bevat en oor die algemeen meer gesofistikeerde formules as ooit tevore het. Tog bly dit steeds belangrik om die vel te voed en om sensitiewe areas, soos dié rondom die oë, te beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daarom is die nuwe tegnologie in die Floracil Plus só geformuleer om selfs die moeilikste ooggrimering te verwyder, terwyl dit steeds sag genoeg werk om rondom die sensitiewe oog-area gebruik te word. So ook is dié produk uitstekend om waterbestande ooggrimering te verwyder, terwyl dit ook pofferigheid om die oë verminder en jou wimpers met ’n olie-basis voed. Dit is boonop geurvry en geskik vir gebruik op sensitiewe velle en vir kontaklens-draers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met bestanddele soos Hialuroonsuur, Vitamiene E en Aloe Vera sal die Floracil Plus nie net jou ooggrimering in ’n japtrap verwyder nie, maar ook jou vel bevogtig en streel. Dit is beskikbaar by Truworths, Woolworths, Edgars en uitgesoekte apteke en skoonheidsalonne landswyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.