Genoeg vir 4 sosaties.
Bestanddele
- 4 Hoenderfilette, in groot blokkies gesny
- 4 repies Repiesspek
- 60 ml (¼ k) Grondboontjiebotter
- 15 ml (1 e) sojasous
- 15 ml (1 e) Fyngekapte Brandrissie, knoffel en gemmer
- 60 ml (¼ k) lemoensap
Metode
- Geur die hoender met sout en swartpeper en week 4 sosatiestokkies vir 10 min. in water. Ryg die hoenderblokkies om die beurt met die spek (vleg die spek tussendeur die
hoender) op die sosatiestokkies. - Verhit ’n riffelpan of braai oor matige hitte. Braai die sosaties 4 min. aan elke kant of tot goudkleurig en gaar.
- Meng die grondboontjiebotter, sojasous, gemmer, knoffel, brandrissie en lemoensap. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met die hoendersosaties.

