kategorieë: Inspirasie

GEE maak ’n verskil

Is goedhartigheid aansteeklik? Kyk of jy iemand kan “aansteek”!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elkeen van ons hou daarvan om lekker te voel. Soms word ons sonnig wakker, soms vrolik iets ons dag op, en soms moet ons ’n bietjie moeite doen om gelukkiger te voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is drie maniere om goedhartigheid te bewys (en self daardie warm gevoel te ervaar!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Gee ’n Smile Card

Die Smile Card-beweging is eenvoudig: jy doen iets gaafs vir iemand –  ’n vreemdeling of ’n bekende – en gee terseldertyd vir hulle ’n Smile Card wat hulle aanmoedig om die aksie te herhaal op enige manier wat hulle goed vind. Daar is die heerlikste stories op www.kindspring.org van mense wat die motor agter hulle se tolgeld betaal, ’n lotto-kaartjie vir ’n kassier gee, of ’n blom in ’n buurman se afgelewerde koerant los.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry nog idees by www.kindspring.org/ideas/ en laai Smile Cards gratis af by www.kindspring.org/smilecards/

2 Word ’n #Raktivist

By www.randomactsofkindness.org/ kry jy ook ’n magdom planne vir “random acts of kindness” wat van die wêreld ’n beter plek maak – klik op Ideas. Jy kan jou buurvrou se asblik voor haar huis staanmaak sodat sy dit nie doer hoef te loop haal nie, ’n bottel water vir ’n busbestuurder gee, of vir tien vreemdelinge op ’n streep glimlag.

Daar is spesiale bronne vir onderwysers ensovoorts – gaan na Educators – en wenke om ’n Kindness-klub te begin.

Laai #Raktag-kaartjies, waarmee jy die ontvangers van jou goedhartigheid kan aanspoor om dieselfde te doen, af by downloads.randomactsofkindness.org/RAKtag_cards.pdf

Kyk na “kindness videos” by www.randomactsofkindness.org/kindness-videos

3 Maak of koop ’n Kindness Bracelet

Die #OneKindThing wil Suid-Afrikaners in Julie aanvuur om een gawe ding vir ’n vreemdeling, nabymens of kennis te doen. The Bead Coalition het met handgemaakte kraletjie-armbande (R50 elk) en stelletjies waarmee jy “Kindness Bracelets” kan maak (R99.99 elk), vorendag gekom. Dis by CNA-takke en by www.beadcoalition.com te koop. Tien persent van die profyt gaan aan die Nelson Mandela Foundation.

Meer inligting by joanne@beadcoaltion.com of 083 227 8888 of www.beadcoalition.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.