kategorieë: ReisOntspanning

Geniet ’n luilekkerlewe by Constance Halaveli, ’n eilandparadys

Geniet ’n luilekkerlewe by Constance Halaveli, ’n eilandparadys. Inligting en foto’s verskaf. {Promosie}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geniet ’n luilekkerlewe by Constance Halaveli, ’n eilandparadys

By Constance Halaveli kan jy oplaas afskakel en wegbeweeg van jou alledaagse, tegnologiegedrewe leefstyl. Geniet perfekte ontspantyd saam met jou geliefdes.

Hier kry lowergroen plantegroei, wit strande en turkoois water wat tot by die horison strek, luukse villa’s, gastronomiese feeste en ‘n spa. Jy sal nie lus wees om die eiland weer te verlaat nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eersteklas verblyf

Private swembaddens, lugversorging en gemaklike meubels wat jou laat tuis voel, is alles deel van die verblyf by Constance Halaveli.

Boonop het die villa’s 24-uur kamerdiens. Elk van die villa’s het ook ’n gemeubileerde terras of balkon. Die villa’s wat beskikbaar is, is:

  • 57 watervilla’s met private swembaddens
  • 11 gesinsstrandvilla’s met private swembaddens
  • 9 strandvilla’s met private swembaddens
  • 8 Dubbelverdieping-strandvilla’s met private swembaddens
  • 1 presidensiële villa met ’n private swembad

Gastronomiese bederf

Vier restaurante – Jahaz, Jing, Meru Beach Grill en Kaika Sushi Bar – sal in elke smaak voorsien vir ontbyt, middag- en aandete.

Jahaz is dié restaurant vir ontbyt, middag- en aandete. Smul aan internasionale kos, en ’n buffet elke aand wat om ’n tema gemaak is. Daar is ook die Jahaz-wynkelder.

Die Jing-restaurant is net die plek vir Oosterse fusiekos. Dis oop vir aandete en beskik ook oor die Jing-wynkelder.

Op die helder wit strand is die Meeru Beach Grill – ’n klassieke braaikombuis wat saans oop is. Seekos en vleis word voor jou gaargemaak sodat jy in ’n luilekker al fresco-atmosfeer kan eet.

Die Kaika Sushi Bar is elke Saterdag tot Donderdag oop vir middagete en bied ’n fees van tradisionele Japanse soesji.

Jahaz Bar and Lounge is die hoofkroeg en is daagliks oop. Saam met die Jing Bar bied hulle jou die beste drankies en wyn wat beskikbaar is.

Ontspan en herlaai met wonderlike spabehandelings

U Spa by Constance by die Constance Halaveli staan op stelte oor die stil water van die Indiese Oseaan. Jy het asemrowende uitsigte en kan in luuksheid ontspan en herlaai.

Kies uit ’n reeks masserings, gesig- en lyfbehandelings wat almal produkte gebruik wat deur die plantegroei langs die Indiese Oseaan geïnspireer is. Die luukse Valmont-reeks,  eksklusief aan Constance Halaveli is, word ook gebruik.

Die Ocean Salon het ’n haarkapper, stilis, mani- en pedikure en selfs ’n bruidskonsultant (indien jy op die eiland wil trou).

Geriewe en aktiwiteite

Kry komplimentêre toegang tot ’n goed toegeruste gim, ‘n tennisbaan, strandvlugbal, strandsokker, tafeltennis en skaak.

Tennis- en fiksheidsafrigters is ook beskikbaar vir lesse.

Die TGI Diving Centre, ’n PADI-duiksentrum by die Constance Halaveli, bied verskeie duikkursusse aan. ’n Fotograaf en videograaf is ook beskikbaar om jou spesiale herinneringe vas te vang.

Bonop kan jy ook kies uit ’n reeks aktiwiteite soos:

  • Visvang
  • Snorkel
  • Sonsondergangseilvaarte
  • Om vir dolfyne te kyk en
  • Om ’n private boot te huur

Watersport by die Constance Hotel sluit in vlieërbranderry, katamaran, Pedalo, kano’s, jetski en waterski om ’n paar te noem.

En soveel meer …

Die kinderklub, babaoppassers, wasgoeddiens en selfs dokter en kliniek op die eiland sal verseker dat jy baie meer by Constance Halaveli kry as waarop jy reken!

Vir inligting en brosjures, besoek www.constancehotels.com

Loer hier vir nog lekker reis-idees

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.