kategorieë: Ons menseBekendes

George Clooney: ’n Goeie lewe

George Clooney: ’n Goeie lewe deur Margaret Gardiner. Foto:  Magnus Sundholm vir die HFPA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margaret uit Hollywood sê …

Dis goed om George Clooney te wees. Dit gebeur nie gereeld dat ’n sekssimbool ook as ’n man met integriteit bestempel word nie. Die wêreld se hubaarste alleenloper het uiteindelik sy ware pasmaat in die advokaat Amal Clooney gekry, en die spreekwoordelike kersie op die koek is hul skattige tweeling wat in 2017 gebore is. ’n Mens kan sien hoe gelukkig George is – sy oë kreukel wanneer hy oor die tweeling se manewales praat, en jy hoor die respek in sy stem wanneer hy oor sy dapper vrou en al haar prestasies praat. En dit help natuurlik ook dat Amal altyd lyk asof sy uit ’n modetydskrif se bladsye stap. Maar moenie dat haar voorkoms jou flous nie. Sy het ’n missie om vir die regte van die onderdruktes in die Wêreldhof te veg en sy het die vermoë om dit reg te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy dra baie hoede: akteur, regisseur, vervaardiger … Watter een het die meeste uitdagings?

Regisseur, want dis waar jy die hele storie vertel.

En nou het jy die vrou, die babas. En die tequila.

Ja, ek het die vrou en babas as gevolg van die tequila! (lag)

Het jy steeds die passie en motivering vir alles wat jy doen noudat jy al hierdie nuwe prioriteite bygekry het?

Ja, ek is steeds passievol oor my werk. As jy soveel tyd aan ’n projek bestee, moet jy passievol wees daaroor.

Jy was onlangs in ’n motorfietsongeluk. Het jou vrou jou verbied om weer motorfiets te ry?

Nee, Amal sal my nooit verbied om iets te doen nie. Toe ons terugry van die hospitaal af, het sy my net gevra: “So, dink jy jy sal weer op ’n motorfiets klim?”

My vriend Grant, wat saam met my in die ongeluk was, was ook in die motor. Ons het groot geskrik. Ek het die ou teen 70 myl per uur getref. As ek dit 100 keer kon doen, sou ek dit 99 keer nie oorleef het nie. Ek was baie gelukkig. Ek het al nege lewens op een slag opgebruik (lag)!

Ek het besef dat ek nou al veertig jaar motorfietsry en dat dit dalk tyd is om af te klim noudat ek ’n pa is en ander verantwoordelikhede het.

Amal kom tans teen ISIS in die hof te staan. Hoe veilig voel julle? Het julle veiligheidsmaatreëls?

Ja, dis die eerste keer dat ISIS hof toe gevat word. Ons gee uiteraard aandag aan ons veiligheid, maar ons wil ook so ver moontlik ’n normale lewe lei. Dis nie lekker wanneer veiligheidswagte jou omring nie – dit sonder jou van die wêreld af. Maar ons gee aandag aan ons sekuriteit en moes al ’n paar keer op die nippertjie na ’n ander hotel skuif, maar dit is gewoonlik net ’n voorsorgmaatreël.

Watter taal leer julle die kinders, aangesien julle die meeste van die tyd in Italië bly?

Omdat ons baie tyd in Italië deurbring, het ons besluit dat hulle ook Italiaans moet kan praat. Hulle is skaars twee, maar kan die ABC in Engels en Italiaans opsê, en kan van een tot twintig in Italiaans tel. Ek kan dit nie eens doen nie (lag)!

Hulle het vir seker my vrou se gene in die intelligensie-afdeling gekry. Hulle is baie slim en snaaks. Ek en my seun bak al vir Amal poetse (lag).

Soos wat?

Ek het grondboontjiebotter onder sy skoen gesit. Hy het dit opgetel en gesê: “Mama, poo-poo!”

Sy het netjies in die strik getrap.

Almal was baie opgewonde oor prins Harry en Meghan se baba, wat toevallig op jou verjaarsdag gebore is. Jy was ook baie uitgesproke oor hoe die poniepers hulle behandel het?

Ja, ek het gevoel die manier waarop sekere Britse poniekoerante verslag gedoen het oor Meghan se pa was onregverdig. Dit het nie ’n gebalanseerde prentjie geskep nie. En dit was verstommend dat baba Archie die kollig op my verjaarsdag gesteel het (lag)!

Hoe het jul vriendskap met Harry en Meghan begin?

Ons ken hulle al ’n rukkie. Ons bly naby mekaar en eet gereeld saam. Hulle is oulike, goeie en aangename mense en sal uitstekende ouers wees. Ons is vriende om al die redes wat jy vriende met iemand sal wees.

Lees ook: Harry, Meghan en Archie kuier in SA

Dink jy Hollywood het ’n invloed op die politiek en maatskaplike kwessies?

Dit verander van week tot week. Hollywood het al goeie en slegte dinge veroorsaak.

Met Birth of a Nation in die twintigerjare het ons waarskynlik die Ku Klux Klan teruggebring. Ons het in die jare sewentig die belangrike storie van Viëtnam vertel. So, dit hang af van watter tyd jy praat, en dit verg gewoonlik ’n bietjie perspektief om te sien wat die gevolge werklik was.

Ek dink All the President’s Men het ’n groot invloed op die joernalistiek gehad, en die fliek het ’n hele paar jaar ná Watergate uitgekom. Ek dink dis goed wanneer akteurs en ander bekendes standpunt inneem oor maatskaplike kwessies, veral as hulle goed ingelig is.

Ek dink elke mens moet verantwoordelikheid aanvaar vir die wêreld waarin hy leef. Ek het grootgeword in tye toe mense sterk gekant was teen die oorlog in Viëtnam en daar vir mense- en vroueregte geveg is, en ek het nog altyd gedink dis hoe ’n mens moet wees. Ongelukkig is ’n mens meestal nie juis suksesvol nie. Maar dit beteken nie dat jy nie moet probeer nie. Soms kan ’n klein verandering ’n groot verskil maak. Ek werk nie vir die regering nie en kan nie die landsbeleid verander nie. Ek kan net die lig skyn op ’n beleid wat nie werk nie, en hoop dit skep soveel verleentheid dat iemand iets daaraan sal doen.

Ek weet die regering het begin om sekere finansiële instellings te blokkeer wat ongure karakters befonds. Ek dink nie dit sal oornag ’n verskil maak nie, maar op ’n môre sal jy opstaan en besef dinge is beter. Dis hoe ek daaraan dink. Met hierdie kwessies is dit regtig moeilik om suksesvol te wees, maar dis steeds die moeite werd om te probeer om ’n verskil te maak. Dis verkeerd om nie te probeer nie. Dis hoe ek grootgemaak is.

Jy het as rolprentvervaardiger al satire gebruik om absurde gebeure in die politiek en die lewe uit te beeld. Dink jy dis doeltreffend? En help humor jou wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan?

Ek dink die sarkasme en humor van mense soos Jon Stewart het dit al reggekry, en dat dit goed en reg is. Ek dink dis belangrik om daardie stemme te hoor. Ek glo humor kan ’n kragtige manier wees om mense wat dink hulle is bo alles verhewe op hul plek te sit. Humor kan baie seerder as die skerpste swaard steek.

Jul vyfde huweliksherdenking is in September.

Wat! En almal het gesê dit sal nooit sal hou nie (lag).

Nie baie paartjies maak dit deesdae sover nie. Hoe voel dit om met so ’n gerekende vrou getroud te wees en pa van ’n tweeling te wees?

Wel, voor die babas het ek tyd gehad om dinge te doen (lag).

Die lewe daarna is baie anders. Gisternag, byvoorbeeld, was ons dogtertjie siek en huilerig. Sy het ons halfdrie en halfvyf wakker gemaak. Ons het haar later in ons bed getel, en sy het baie gou my deel van die bed oorgeneem. Ek het naderhand op die randjie van die voetenent gelê. Toe sy uiteindelik aan die slaap raak, wou ek haar nie steur en dalk wakker maak nie, en het op die bank gaan slaap. Maar eers het ek kussings al om die bed gepak, soos ’n springkasteel, indien sy dalk sou afrol. Dié soort goed het nie voorheen gebeur nie – hoewel ek wel ’n paar keer van die bed afgeval het (lag).

Maar op ’n ernstiger noot: Ek besef ek is die gelukkigste man in die wêreld. Daar is niemand anders met wie ek eerder my lewe wil deel nie. Op my verjaarsdag het ek en Amal saam aandete geëet, en dit was een van die spesiaalste oomblikke in my lewe. Dis die grootste voorreg van my lewe om in haar teenwoordigheid te mag wees.

As jy van George Clooney: ’n Goeie lewe gehou het, lees hier vir nog lekker onderhoude en nuus oor bekendes

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

7 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.