kategorieë: Leef gesondGesondheid

Nog drie gebroke hartjies heel gemaak deur The Children’s Cardiac Foundation of Africa

Nog drie gebroke hartjies heel gemaak deur The Children’s Cardiac Foundation of Africa (TCCFA) Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die vier maande sedert die Children’s Cardiac Foundation of Africa se bekendstelling, het die stigting nog drie lewensreddende operasies suksesvol uitgevoer op kinders uit Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Asanda, ‘n voorskoolse kleuter, is die stigting se tweede begunstigde en die eerste pasiëntjie wat onder die TCCFA se vaandel gehelp kon word by die Inkosi Albert Luthuli Gemeenskapshospitaal in KZN. Die vierjarige dogtertjie se hart is by die Ethekwini Hospitaal en Hartsentrum geopereer. Albei hospitale het ten nouste saamgewerk om haar korrektiewe chirurgie te beplan. Klein Asanda het ‘n operasie benodig om ‘n atriale septale defek te herstel, asook om die fetale verbinding tussen die aorta en die pulmonêre arterie af te bind. Sy het ook nasorg benodig na die operasie.

Die dapper klein dogtertjie is op die 17de Julie 2019 geopereer deur prof. Robin Kinsley, ‘n bekende pediatriese chirurg en stigter van TFCCA. Sy is ses dae later, op die 23e Julie, uit die hospitaal ontslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Asanda se ma, Nokuzol, sê Asanda is nou ‘n gelukkige, gesonde dogtertjie wat vir die eerste keer speel! “Sy het in die verlede ook gesukkel om te eet en het geen energie gehad nie. Nou eet sy baie, praat te veel en is vol energie. Dit is vir my so opwindend. Aan die stigting en die dokters: ek het nie woorde nie, maar ek wil vir hulle en God dankie sê vir die werk wat hulle doen om ander kinders te help soos wat hulle my Asanda gehelp het,” het sy gesê.

Die negejarige Gracious van Bulawayo, Zimbabwe is na die CCFA gestuur vir ‘n mitrale klep vervanging, maar sy is verkeerd gediagnoseer deur haar dokter in Zimbabwe. Na baie navorsing en verskeie plaaslike konsultasies is dr. Brian Vezi, ‘n volwasse elektrofisiologie kardioloog gekontak en gevra om Gracious te ondersoek. Hy het vasgestel dat ‘n kardiale ablasie die onderliggende rede vir haar hartprobleme kan oplos.

Op die 24ste Julie 2019 het Gracious ‘n onsuksesvolle agt uur lange operasie ondergaan, maar dokters Brian Vezi, Lutchmi Pillay en Zohra Banoo, wat almal pro bono by die prosedure betrokke was, was vasbeslote om ‘n oplossing vir Gracious te vind. Hulle het ‘n tweede, suksesvolle prosedure uitgevoer op die 29ste Julie wat net twee ure geduur het.

Die dogtertjie se ma, Emelda, was oorweldig deur die emosionele ervaring en oneindig dankbaar teenoor die dokters wat haar dogter se lewe gered het. Sy het oorstelp vertel dat Gracious nou goed en sonder enige hulp slaap.

Die vierde pasientjie wat tot dusver baat gevind het by die stigting se werk, is Holly. Sy was net vyf maande oud toe haar lewe gered is deur ‘n operasie by die Netcare Sunninghill Hospitaal, geborg deur Netcare met ondersteuning van die CCFA. Die gesin van Pinetown het byna alle hoop verloor dat hulle dogtertjie sou oorleef nadat sy met twee gate in haar hart gediagnoseer is. Hulle het gesê dat hulle oneindig dankbaar is teenoor almal wat ingegryp het sodat hulle baba ‘n tweede kans op lewe kon kry.

Die stigting kies begunstigdes na ‘n deeglike studie van elke pasiënt se mediese rekords sowel as inagneming van ander kriteria wat deur die stigting bepaal is. Die minimumvereistes vir alle potensiële begunstigdes is dat hulle tans in een van die vyf pediatriese kardiale fasiliteite by staatshospitale behandeling moet ontvang vir aangebore hartsiektes . Hierdie pasiënte kan dan – na die invul van ‘n aansoekvorm vir befondsing – deur hul huidige hartspesialis verwys word na die TCCFA se paneel van mediese adviseurs vir insluiting by die keuringsproses.

As jy die stigting wil help, besoek gerus ons skare-befondsingsblad by https://www.givengain.com/cc/tccfa. Geen bedrag is te groot of te klein nie.

Kitsfeite oor aangebore hartsiektes

  • 1 uit 100 kinders word gebore met ‘n aangebore hartdefek.
  • Dit kom 60 keer meer dikwels voor as kinderkanker en is 25 keer meer algemeen as sistiese fibrose.
  • Suid-Afrikaanse kinders met aangebore hartsiektes word op chirurgiese waglyste geplaas wat soms tot 1000 name kan bevat. Sonder behoorlike finansiering kan dit dikwels lei tot jare se gewag voordat hulle die chirurgiese behandeling kry wat hulle benodig – mits hulle lank genoeg lewe.
  • Ten spyte van die feit dat aangebore hartsiektes meestal behandelbaar is sodra dit gediagnoseer is, bly meer as 3 000 Suid-Afrikaanse kinders jaarliks gestrem (as hulle nie sterf nie) terwyl hulle wag op operasies.
  • In die res van Afrika is daar ‘n geraamde 335 000 babas wat jaarliks gebore word met aangebore hartsiektes – die helfte van hulle sal binne die eerste paar jaar na geboorte sterf.

The Children’s Cardiac Foundation is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie.

NPO Number: 222-720 NPO I Reg Number: IT000006/2019(N)

Meer inligting by hul webblad / funding@tccfa.org , of skakel +27 60 976 2761.

Volg die TCCFA op facebook (@tccfa1) Instagram (@tccfa) of Twitter (@tccfa #BeAHeartHero #TCCFA).

Lees hier vir nog gesondheidsnuus

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.