Resep deur Rediscover Dairy.
Bestanddele
Amasi-sous
- 125 ml (½ koppie) amasi
- 15 ml (1 eetlepel) mayonnaise
- 2,5 ml (½ teelepel) Dijon-mosterd
- 5 ml (1 teelepel) vars suurlemoensap
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1,25 ml (¼ teelepel) gerookte paprika
- 5 g vars pietersielie, fyngekap
- Sout en vars gemaalde swartpeper
- 15 ml (1 eetlepel) olyfolie
Botterskorsieslaai
- 500 g botterskorsieblokkies
- 15 ml (1 eetlepel) olyfolie
- 5 ml (1 teelepel) gemaalde komyn
- 2,5 ml (½ teelepel) gemaalde koljander
- Sout en vars gemaalde swartpeper
- 250 g baba- rosatamaties
- 5 ml (1 teelepel) olyfolie
- 100 g babaspinasieblare
- 40 g roket
- 10 g vars kruisementblare, fyn geskeur
- 1 lemoen
- 100 g gewone chevin (bokmelkkaas)
- 30 ml (2 eetlepels) dukkah
Metode
- Om die sous voor te berei, meng die amasi, mayonnaise, mosterd, suurlemoensap, knoffel, gerookte paprika en pietersielie in ’n klein bakkie. Geur met sout en peper. Voeg die olie geleidelik by terwyl jy klits. Plaas eenkant in die yskas.
- Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Meng die botterskorsie met die eetlepel olie, komyn en koljander. Geur met sout en peper. Rangskik die botterskorsie op die bakplaat en rooster vir 15 minute.
- Meng die tamaties met die teelepel olie en geur goed. Voeg die tamaties by die botterskorsie op die bakplaat en rooster vir nog 25–30 minute, totdat die botterskorsie sag is. Sit eenkant om effens af te koel.
- Rangskik die spinasie, roket en kruisement op ’n opdienbord en meng liggies. Bedek met die geroosterde botterskorsie en tamaties. Skil die lemoen en sny in skywe. Sny elke skyf in kwarte en rangskik op die slaai. Krummel die chevin bo-oor en sprinkel die dukkah oor. Bedruip met die amasi-sous net voor opdiening.
