Geroosterde speseryhoender met botterskorsie
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 heel hoender
- 30 ml (2 e) heuning
- 10 ml (2 t) gemaalde kaneel
- 20 ml (4 t) Dijon-mosterd
- 30 ml (2 e) suurlemoensap
- 10 ml (2 t) gemaalde komyn
- 5 ml (1 t) masala-kerriepoeier, ons het hoendermasala gebruik
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- ’n hand vol vars kerrieblare, beskikbaar by speserywinkels en soms Fruit and Veg City
- ’n lourierblaar
- ’n skyfie vars gemmer
- 1 kaneelstokkie
- 1 suurlemoenwiggie
- 1 kg botterskorsie, in blokkies gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Instructions
- Meng die heuning, kaneel, mosterd, suurlemoensap, komyn, masala en olyfolie in ’n mengbak en hou eenkant. Geur die hoender met sout en peper.
- Sit die kerrieblare, lourierblaar, gemmer, kaneelstokkie en suurlemoenwiggie in die holte van die hoender.
- Lig die vel van die hoender op en smeer met van die speserymengsel. Verf die buitekant van die hoender met die speserymengsel en laat vir 20min. in die yskas rus.
- Sit die botterskorsie op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur met sout en gemaalde swartpeper. Sit die hoender op die botterskorsie en rooster vir 1-1½ uur. Sny in stukke en sit voor met die botterskorsie en naanbrood.
Vickie de Beer
Lees Meer
Botterskorsie-falafels met beetdoopsous
03/09/2024
Romerige wildesampioen-risotto
30/08/2024