kategorieë: OuerskapJou lewe

Geskei: etiket vir funksies

Geskei: etiket vir funksies versorg deur Mariette Snyman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer ’n huwelik ontbind, beteken dit nie die einde van gesamentlike ouerskap nie. As julle maniere kan vind om oor die weg te kom, tel dit in jul kind se guns.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy na ’n geleentheid genooi word waar jul kind graag albei ouers teenwoordig sou wou hê, is dit jou kans om negatiewe gevoelens opsy te skuif en die dag vir jou kind lekker te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Moet ek gaan, of nie?

Die uitdagings verbonde aan ’n egskeiding en ’n nuwe opset – wat ’n hertroue en ’n nuwe, saamgestelde gesin kan insluit – is al klaar groot, sonder dat ’n kind hom of haar nog oor ouers se bywoning of samewerking moet bekommer. Kan jy enige wrokkigheid tydelik begrawe en onselfsugtige volwassenheid aan die dag lê? Dink mooi of dit nodig is om daarop aan te dring om jou nuwe maat saam te bring, of om nukkerig weg te bly.

Lees ook: Jou kind en egskeiding

2 Fokus op jou kind

Jou kind is tien teen een opgewonde én senuweeagtig oor hierdie groot dag. Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie. Hanteer dit met grasie en verswyg jou bedenkinge. Stel jou kind voorop.

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

3 Plasings

Dit word algemeen aanvaar dat kinders hul ouers eerder “gelukkig apart” wil sien as sielsongelukkig saam. As jy tydens ’n geleentheid bereid is om by jou eks te sit, kan jy die ongemaklike stiltes vul deur oor koeitjies en kalfies te gesels. Vermy onderwerpe wat tot konflik kan lei.

As julle mekaar nie kan uitstaan nie, fokus eerder op jou kind en die doel van die funksie. Hou jouself besig en moenie bekommer oor waar of saam met wie jou eks is nie. As jou kind die geleentheid organiseer, is dit verstandig om die sitplekplasings aan hom of haar oor te laat en daarby in te val.

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir pa

Moenie die dag met jou angstigheid bederf of die kollig probeer steel nie

4 Maak dit makliker

Oorweeg dit om ’n paar familielede of vriende saam te neem sodat jy geselskap het. ’n Bekende groep verseker genotvolle interaksie en minder ongemaklike oomblikke. Moet egter nie geswore vyande saamgooi nie; kies mense wat die gees van die dag respekteer en daartoe sal bydra.

Lees ook: 10 wenke wanneer jy skei

5 Beperk jou en jou eks se kontak/tyd

As daar van julle verwag word om langs mekaar te sit, kan jy aanbied om vroeg te gaan en plek te hou. Dan kan jou eks arriveer net voor die verrigtinge begin. Dit verminder die kans op verleentheid. As dit moontlik is, soos wanneer ’n skoolkonsert meer as een keer aangebied word, kan julle op verskillende tye gaan of plek in verskillende rye bespreek.

Lees ook: Egskeiding: Salf teen die seer

selimaksan/istock images

6 Beplan deeglik

Maak dit vir almal makliker deur vooraf te beplan wie wat op watter tydstip moet doen, wanneer om te arriveer en hoe lank om te bly. As alles goed verloop en die funksie spontaan langer duur, is dit goed om steeds op die afgesproke tyd te vertrek.

Dit gebeur dikwels dat families ná ’n funksie informeel saam eet of verder vier. Indien dit die geval is, kan jy moeite doen om tot ’n aangename en gasvrye atmosfeer by te dra, ter wille van jou kind. Geskeide ouers voel dikwels kwesbaar op so ’n dag – maak seker jy gaan verstandig met alkohol om sodat jou emosies nie hoog loop nie.

Lees ook: Kinders vir die naweek

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele

7 Drukkies is onnodig

Gesonde gesamentlike ouerskap beteken geskeides is hoflik, vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar, maar waak daarteen om jou kind met tekens van intimiteit te verwar. Drukkies en soentjies is onvanpaste optrede, ook teenoor nuwe verhoudingsmaats wat teenwoordig mag wees.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

8 Afsonderlike vierings

As julle werklik nie oor die weg kom nie, is dit wys om beurte te maak om funksies by te woon, en om sover moontlik afsonderlike vierings te organiseer. Philip M Stahl, die skrywer van “Parenting after divorce: resolving conflicts and meeting your children’s needs” sê: “Sommige ouers se verhouding bly gevul met konflik, en dis nie goed vir die kinders nie. As jy en jou eks nie in dieselfde vertrek kan wees nie, is dit waarskynlik beter om sulke situasies te vermy.”

Lees ook: Egskeidingmediasie: Vinniger, goedkoper, makliker

9 Wees groothartig

Respekteer geloofsvierings, verjaardae, gesins- of familietradisies en rituele. Akkommodeer jou eks se handelswyse sover moontlik, al sou jy dit nie op dieselfde manier gedoen het nie. As jy die toonbeeld is van toleransie en begrip, bevoordeel dit jou kind.

Bron: www.fairdivorce.co.za – met dank aan Sinta Ebersohn.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.