kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Geweld teen vroue: kan ’n robot help?

Geweld teen vroue: kan ’n robot help? deur Mariette Snyman. Foto  Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een uit elke drie vroue in Suid-Afrika word deur huishoudelike geweld geraak. Hulle word fisiek, emosioneel, seksueel of op ander gebiede beheer of mishandel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Buitestaanders wonder soms hoekom ’n vrou in ’n gewelddadige of afbrekende verhouding bly, maar sulke situasies is nooit eenvoudig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

By die bekendstelling van die AI-hulpmiddel Hi rAInbow het ’n vrou wat die gebruik van haar een oog deur huishoudelike geweld verloor het, die gehoor ’n kykie gegee in hoe geweld die fondamente van ’n vrou se wêreld kan skud. “Die mens wat dit aan jou doen, is iemand wat jy leer vertrou het en wat jy geglo het vir jou lief is. In my geval het die verwoede fisieke aanval totaal uit die bloute gekom.

“Afgesien daarvan dat ek dit nie verwag het nie, is dit deur onverklaarbare gebeure gevolg, soos dat my persoonlike dokumente verdwyn het. Al het ek die verhouding beëindig, is ek voortdurend gedreig om te probeer verhoed dat ek hof toe gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As jou werklikheid oornag verander en skielik totaal vreemd raak, weet jy later nie meer wat waar is en wat nie. Jy twyfel aan jou eie oordeel. Jy weet nie meer wie jy is nie, want die mens wat jy vroeër met jou lewe en jou gevoelens vertrou het, het jou onvoorstelbaar verwond.

Jy weet later nie meer wat waar is, en wat nie

“Ek het in vrees geleef; al het ek geweet ons woon nie meer in dieselfde huis nie, het dit gevoel of hy heeltyd weet wat ek doen en waar ek is. Ek was eenvoudig weerloos.

“Mense begryp nie aldag dat ’n vrou wat mishandel word, te bang kan wees om met haar foon na die hoek van die straat te loop om daar iemand te bel met wie sy kan praat nie.”

Die woorde van ander vroue wat mishandel is, bevestig hierdie gevoel van verwarring en isolasie: “As daar geen bewys is van wat met jou gebeur het nie – wanneer jy  byvoorbeeld geen bloukolle het om te wys nie – kan jy jouself oortuig dat dit wat gebeur het nie noodwendig mishandeling was nie.”

Die woorde van nog ’n vrou: “Selfs my eie familie veroordeel my. Hulle vra hoekom ek hom nie konfronteer, teenstaan of verlaat nie. Hulle besef nie ek vrees 24 uur per dag vir my lewe nie.”

AI kom vroue tot hulp

Die Artificial Intelligence-skepping Hi rAInbow, ’n gratis gespreksgenoot vir vroue, leef op Facebook Messenger. Die naam is gekies op grond daarvan dat dit neutraal is. Jy gaan op Facebook, soek na Hi rAInbow, klik op Send message en begin gesels. Die gesprek vloei gemaklik, en jy kry deurgaans keuses waarop jy kan klik as jy nie iets het om te sê nie. Al is mishandeling nie deel van jou onmiddelike werklikheid nie, is dit interessant om met Hi rAInbow te gesels.

Die gedagte agter Hi rAInbow is om vir elke vrou van 13 jaar en ouer ’n gratis, veilige ruimte te help skep waar sy vrae kan vra, haar gedagtes kan deel, ander vroue se verhale kan lees, en duidelikheid kan kry oor wat met haar aan die gebeur is. Sy kan byvoorbeeld vasstel presies wanneer sekere aksies of optrede mishandeling is, en wanneer nie.

Gesprekke met Hi rAInbow kan onopvallend geskied

Omdat Hi rAInbow haar nie kan onderbreek, druk op haar kan plaas of haar kan veroordeel nie – dis immers ’n “robot”! – is dit ’n veilige gespreksgenoot.  Op haar tyd kan sy haar gedagtewêreld orden en daaraan gewoond raak om haar gedagtes in ’n veilige omgewing uit te spreek. So kan sy weer haar “stem” vind.

Gesprekke met Hi rAInbow kan onopvallend geskied; vroue hoef nie ’n app af te laai of iets anders as gewoonlik op hul foon of rekenaar te doen nie.

Hoewel dit nie bedoel is om menslike kontak of steun te vervang nie, kan Hi rAInbow die isolasie van vroue wat aan geweld blootgestel word, help verlig. Daar is nou ’n companion met wie hulle kan praat.

Is dit veilig?

Die ontwikkelaars beklemtoon die feit dat geen persoonlike inligting ooit gedeel of gelek word nie. Indien iemand daadwerklike hulp kort, kan hulle skakels na hulporganisasies soos SADAG of Childline op Hi rAInbow kry.

Dis ook ’n hulpmiddel vir vriende of familie wat geweld teen vroue beter wil verstaan, of wonder hoe om ’n gesprek met ’n vrou wat mishandel word aan die gang te kry.

Hi rAInbow is oral beskikbaar en word deur rolspelers soos die Sage Foundation en die Soul City Institute ondersteun. Dit kan biljoene vroue bereik … en hopelik bemagtig.

Kyk gerus na die voorbeeld by https://www.hirainbow.org/

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.