kategorieë: Ons menseBekendes

Gift of the Givers: hulp in aksie in Knysna en Wes-Kaap

‘Moet niks in ruil verwag nie’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek onthou steeds die Soefi-sjeik se presiese woorde: ‘Jy sal ’n organisasie stig wat alle mense onvoorwaardelik sal dien. Mense van alle gelowe, politieke oortuigings en geografiese gebiede. Moet niks in ruil daarvoor verwag nie. Nie eens ’n dankie nie. Mense se waardigheid behoort voorop gestel te word en onthou dat jy net ’n instrument sal wees waardeur alles gedoen sal word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En dis presies wat Gift of the Givers onder dr. Sooliman se aanvoering doen. Benewens reusereddingsaksies in rampgebiede, soos in 2013 in die Filippyne, werk die Givers ook plaaslik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek skat dat 99% van ons werk in Suid-Afrika onder nie-Moslems is. Ons help selfs in arm Afrikaanse gemeenskappe, en baie van ons spanlede is Afrikaans. Nood en armoede ken nie kleur nie. Ons is almal mense, en ons ervaar almal pyn.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie is dr. Sooliman

Dr. Imtiaz Sooliman het sy mediese graad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal behaal. “Ek is op Potchefstroom gebore, en ons huisdokter daar, dr. Ismael Haffejee, was my inspirasie. Hy het sy medemens gedien en was toegewy aan sy werk en ook aan sy geloof.”

Dr. Sooliman het sy eerste praktyk in 1986 in Pietermaritzburg begin. ’n Soefi-sjeik (’n geestelike leier) het op 6 Augustus 1992 by ’n byeenkoms in Istanbul vir hom die opdrag gegee om Gift of the Givers te stig. “Duisende mense uit alle wêrelddele en van verskillende gelowe het daar saamgetrek. Ons het die afgelope 21 jaar R1 miljard se hulp aan duisende mense in 41 lande gegee en miljoene mense gehelp.”

Hy het in 1994 sy praktyk gesluit om hom voltyds op die organisasie toe te spits.

“Dis nie sommer ’n terloopse projek nie. Ons moet vinnig en georganiseerd wees, en is altyd van die eerste reddingspanne wat by ’n ramp opdaag.

“Ons wil brûe tussen verskillende kulture en gelowe bou. Welwillend-heid, verdraagsaamheid, wedersydse respek en om in harmonie met mekaar te leef, is ’n Goddelike opdrag.”

Hoe werk dit as daar iewers, soos in die Filippyne, ’n ramp is?

Ons kan blitsvinnig gereed wees met hulp. Ons stuur mediese dokters, mediese voorrade en toerusting, noodvoorraad soos kos en water, reddingswerkers en gespesialiseerde reddingstoerusting. Ons het ’n masjien wat hulle ’n ‘life locator’ noem waarmee jy tot tien meter onder rommel kan vasstel of iemand nog leef. Ons het in Sirië binne negentig dae selfs ’n volledig toegeruste hospitaal ingerig. ’n Suid-Afrikaanse matrone het kom help, en ons het vrywilligers opgelei om dit te beman. So kon ons ’n hospitaal met 103 personeellede agtergelaat. Ons betaal vir alles met die hulp van donateurs.

Waaraan skryf jy julle sukses toe?

Aan massa-ondersteuning. Van groot maatskappye, maar veral van gewone mense wat gee, al is dit ook net R50. Ons kry al ons skenkings net uit Suid-Afrika. Ek glo as jy opreg en uit die hart gee, sal God jou bydrae seën. Ons werk in enige gebied, ongeag politiek, kultuur of geloof, en ons spanne word oral met ope arms ontvang. Hulle is ware ambassadeurs vir Suid-Afrika.

Wat het hierdie werk jou geleer?

Dankbaarheid. Almal wat al op ons reddingsmissies was, stem saam. Suid-Afrika is ’n wonderlike land. Ons mag nooit kla nie en moet God dank vir alles wat ons het.

Wat sal jy nooit vergeet nie?

Haïti ná die aardbewing in Jan. 2010. Ons mediese spanne moes die mure en vloere van ’n kerk op hul knieë was voordat ons pasiënte kon begin behandel. Ons moes honderde amputasies weer ’n keer doen, baie daarvan op kinders. Die mense wat dit voor ons gedoen het, het dit nie reg gedoen nie – dit was hartverskeurend. Die reuk van die dood het oral gehang – daar was duisende ontbindende liggame, baie nog vasgekeer onder die rommel, en geen infrastruktuur nie. Die wete dat jy ’n kind se lewe red, maar dat hy nie ’n huis of enige familie het om na terug te keer nie, het my hart gebreek.”

*Hierdie artikel het in die Februarie 2014-uitgawe van rooi rose verskyn.

Amptelike bankrekeninge vir donasies vir die Knysna-brande:

Nedbank

Rekeningnaam: Emergency Fund

Rekeningnommer: 1147 920 699

Verwysing: KNYSNAFIRE

Internasionale donasies: NEDSZAJJ

Standard Bank

Rekeningnaam: Eden District Municipality

Rekeningnommer: 401 719 790

Verwysing: KNYSNAFIRE

Internasionale donasies: SBZAZAJJ

Amptelike Facebook bladsy: Knysna Fire – 7 June 2017

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.