kategorieë: Skoonheid

Hoop vir ekseem

Vir Zaahid (4) en Zahraa Swartland (5) van Kaapstad het Eau Thermale Avène groot verligting gebring. Beide het al vanaf 3 maande aan erge ekseem gely.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons kon snags nie slaap nie omdat hulle velle gejeuk het en hulle heeltyd moes krap. Daar was selfs bloed op die lakens,” sê hul pa, Faahim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ekseem-sensitiewe velle is gewoonlik droog, dof en grof. Tydens erge aanvalle kan krisisareas op die vel uiters geïrriteerd raak met rooi vlokagtige kolle wat eers uitdroog en dan verdik en opdroog. By babas is hierdie krisisareas gewoonlik op die wange, voorkop, torso en ledemate. Wanneer kinders ’n bietjie ouer is, word hul groot velvoue soos binne-in die elmboë en knieë aangetas. Tydens aanvalle raak die vel ontsteek en jeuk dit baie. Dit tas elke deel van hul daaglikse lewe aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In September 2015 is Zaahid en Zahraa op aanbeveling van hul dermatoloog gekies om na die Avène-hidroterapiesentrum in die suide van Frankryk te reis, vergesel deur hul ouers, Tougeeda en Faahim. Hulle het gehoop om verligting te vind vir hul kinders se chroniese veltoestand.

Tydens hul drie weke lange verblyf by die sentrum het die kinders verskeie terapieë ondergaan, wat alles die Avène Thermal Spring Water ingesluit het. Laasgenoemde is bekend vir sy strelende, anti-irriterende en anti-inflammatoriese eienskappe (bewys deur meer as 150 kliniese studies).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Na ’n dag of twee kon ons reeds resultate begin sien. Daar was minder rooi kolle en hulle het nie snags soveel gekrap nie. Hulle velle voel nou soos die van ’n pasgebore baba. Nadat hul velle verbeter het, het hulle beter geslaap en hulle was gelukkiger kinders. ”

Zahraa en Zaahid se ekseem-simptome het baie goed gereageer op die program, beide tydens die terapie en in die maande nadat hulle teruggekeer het na Suid-Afrika.

“Die meeste van die uitslag is heeltemal weg en hulle het geen aanvalle van irritasie meer nie,” sê Tougeeda. “Avène het ons hoop gegee. Hulle kan nou weer normale kinders wees.”

Dit is meer as ’n jaar gelede, en hul velle lyk beter as ooit.

Kyk na hul volle storie op die video

Om hul gesonde velle te handhaaf, gebruik die kinders daagliks produkte van Eau Thermale Avène. Hierdie gespesialiseerde produkte streel hul vel en verlig droogheid, ontsteking en jeukerigheid. Dit voorkom episodes waarin hul velle erg ontsteek en jeuk en herstel die vel se aangebore immuniteit.

Die kinders gebruik die volgende produkte:

  • Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Cleansing Oil (R249,95 vir 400 ml): ’n sagte daaglikse reinigingsmiddel vir babas, kinders en volwassenes.
  • Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm (R289,95 vir 200 ml): ’n gepatenteerde 100 % steriele voedende balsem, geformuleer om die vel se beskermende laag aan te vul en jeuk te verminder.
  • Avène Thermal Spring Water Spray (R149,95 vir 150 ml): om die vel te kalmeer en inflammasie te verminder.
  • Avène Cicalfate Cream (R149,95 vir 40 ml): wat gebruik word op droë letsels om genesing te bevorder en sekondêre infeksie te voorkom.

Kyk na hierdie video om die volledige sorg roetine vir ekseem te sien

Eau Thermale Avène se produkte is beskikbaar by Clicks en Dis-Chem-apteke. Vir meer inligting besoek www.avene.co.za of stuur ’n e-pos aan infosa@pierre-fabre.com

Vrywaring: QuintilesIMS – Pharmatrend International – Dermo-kosmetiese mark in apteek in Europa (insluitend Frankryk, Duitsland, Italië, Spanje, België, Oostenryk, Portugal, Switserland) – jaar 2016 – in volume

PFZA1706002

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.