kategorieë: Bekendes

Golden Globes 2018: Hoekom almal swart gedra het

Oprah Winfrey

Die trane het gerol tydens Oprah se toespraak vir die Cecil B. Demille-toekenning. Oprah is die eerste swart vrou wat hierdie toekenning kry. Sy het die grootste gedeelte van haar toespraak opgedra aan Recy Taylor, ’n vrou wat in 1944 ’n slagoffer van genderbevoordeling was – haar ontvoerders en verkragters is nooit vervolg nie. Oprah het haar toespraak afgesluit deur alle meisies en vroue aan te spreek: “I want all the girls watching here, now, to know that a new day is on the horizon! And when that new day finally dawns, it will be because of a lot of magnificent women, many of whom are right here in this room tonight, and some pretty phenomenal men, fighting hard to make sure that they become the leaders who take us to the time when nobody ever has to say “Me too” again.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Modieuse broekpakke

Toe Susan Kelechi Watson (van die TV-drama This Is Us) oor haar uitrusting uitgevra word, het sy met tong in die kies geantwoord dat haar ma oorspronklik op die broekpak besluit het. Sy glo dat geleenthede soos hierdie die beste platform is om jou boodskap so sterk moontlik oor te dra en omdat die broek steeds ’n sterk gender-assosiasie behels, het Susan (en haar ma) juis op hierdie snit besluit ter ere aan gendergelykheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Claire Foy het ook tydens haar onderhoud beklemtoon dat sy nie ’n rok vir die Golden Globes wou dra nie. “Met glansaande soos hierdie word daar dikwels meer klem op die bekendes se uitrustings gelê as oor wie die persoon is. Ek hou van rokke, maar ek wou wegbreek van die stereotipe en ook in solidariteit staan met die teenwoordige veldtogte.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Vroue in Hollywood moet as die stemme dien wat kwessies soos hierdie versterk en aanspreek.” – Marai Larasi

Die metgeselle

Emma Watson is die afgelope paar jaar reeds bekend vir haar gendergelykheidveldtogte en sterk sosiale media-teenwoordigheid om kwessies soortgelyk aan die #MeeToo-veldtog aan te spreek. Sy het Marai Larasi, uitvoerende direkteur van Imkaan (’n Swartvrouebemagtigingsveldtog), as haar metgesel gebring. Volgens Marai lê die belang van bekendes se swart uitrustings nie soseer in die hierargie van Hollywood nie, maar eerder as ’n platform wat bekendes gebruik om veldtogte soos hierdie te versterk en die “klanklose muur” rondom kwessies af te breek.

Selfs ons eie Margaret Gardiner en Demi-Leigh Nel-Pieters het op die rooi tapyt verskyn! Margeret (Mej. Heelal 1978) het vir Demi (Mej. Heelal 2017) gekontak om as haar metgesel die geleentheid by te woon. Wat ’n skitterende wen-duo!

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.