kategorieë: Ons menseBekendes

’n Kykie in die lewe van Mila Guy

So baie rolle, so baie optredes … Waarin was jy alles en waarna kan ons nog uitsien?

My eerste rol was in Ballade vir ’n Enkeling waar ek so ’n warrelwindrol gehad het. Ek was ook die kinderoppasser in Binnelanders. Daarna Hotel, ek geniet dit verskriklik baie. Ek was ook in Erfsondes en het al ’n draai as ’n bokser in Keeping Score op SABC gemaak. Dan is ek ook te sien in Bedford Wives. My eerste hoofrol was as Nonnie in Liewe Kersfeesvader. Ek was mal daaroor. Ek het ook ’n hoofrol in Wonderlus waar ek die bruid speel, en in ’n kortfliek Vlugtig – baie lekker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Mila Guy gesels oor Liewe Kersfeesvader

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is jy ewe gemaklik met komedie as met ernstige rolle?

Ek is mal oor komedie. Dit bring die hanswors in my uit. Ek geniet dit, dis net soms nogal moeilik om nie uit te bars van die lag nie. Ek dink komedie is ’n kuns – dis nie maklik om mense te laat lag nie. Ek dink nie ek sou kon kies tussen komedie en ernstige rolle nie, want ek geniet albei, maar Nonnie in Liewe Kersfeesvader was vir my heerlik en ek sal graag meer ernstige rolle wil speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar het jy grootgeword?

Nelspruit. Ek was in Laerskool Bergland en een van my hoërskooljare in Nelspruit Hoërskool. Ons het aan die einde van my graadagtjaar na Nieu-Seeland geëmigreer. Ons het in Rotorua gewoon en ek het my eerste jaar op universiteit in Auckland voltooi.

Wat was die lekkerste goed van jou kinderdae?

Die see en Kersfees. Ons gesin is elke jaar saam met ouma, oupa en tannie Ballito toe. Ek is steeds mal oor die see. Op Oukersaand het ons altyd koekies vir Kersvader uitgesit. Ek hoop dat ek my kinders ook eendag in Kersvader kan laat glo, want wat is ’n kinderlewe tog sonder verbeelding en fantasie? In ons huis is verjaardae ook ’n okkasie. Almal staan vroeg op om vir die een wat verjaar ontbyt te maak en dan word daar gesing en presente oopgemaak. Kindwees is heerlik.

“Ek hoop dat ek my kinders ook eendag in Kersvader kan laat glo, want wat is ’n kinderlewe tog sonder verbeelding en fantasie?”

Is jou ouers nog in Nieu-Seeland? Waarom het jy teruggekom?

Ja, my ouers woon steeds daar – in Palmerston North. Ek sou aanvanklik net vir ’n jaar teruggekom het. Die plan was om my tweede universiteitsjaar hier te voltooi en dan terug te gaan. Maar Suid-Afrika was vir my so lekker dat ek nie anders kon as om te bly nie. Die toneelbedryf is ook baie groter as in Nieu-Seeland. Dit is redelik beperk daar, hoewel ek dink daar is ’n groter kans op internasionale flieks. Ek mis my gesin verskriklik baie, maar ek mis vir seker nie die koue nie.

Wanneer het jy besluit om van toneelspel ’n loopbaan te maak?

Vandat ek klein was, was dit al wat ek wou doen. Ek het in al wat ’n Eisteddfod is aan sang en drama deelgeneem. Ek het graag saam met maatjies en my sussie toneeltjies opgevoer. Op skool het ek drama as vak geneem en lekker geleenthede gehad om in verskeie toneelstukke te speel. Ná skool het ek ’n oudisie gedoen om toneel te swot en was een van ’n handjie vol wat gekies is. Ek glo as die Here wil hê jy moet iets doen, sal Hy vir jou die deure oopmaak en dit is wat Hy gedoen het. Dit het ook gehelp dat my gesin my ondersteun en in my glo.

Wat was jou groot toneelkans?

Ek dink Hotel. Dit het op die regte tyd gekom en dit het my blootstelling gegee. Dit het my ook kans gegee om in die komediegenre te speel, en ek was gelukkig om saam met sulke fantastiese akteurs te kon werk.

Jy is ook ’n sanger. Hoe gaan dit daarmee?

Ek is ongelooflik lief vir sang en sing in die stort, in die kar, oral. Ongelukkig kan ek nie sê ek is ’n sanger nie, want ek tree nêrens op nie. Op die oomblik doen ek badtydsessies wat op my facebook-blad en Instagram te sien is.

Waar bly jy nou?

Linden, Johannesburg.

Jou motto?

God eerste en daarna val alles in plek.

Die laaste drie goed wat jy vir jou gekoop het?

Twee rokkies by Zara (my gunstelingwinkel) en oorbelle by Lovisa.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.