kategorieë: Ontspanning

GRATIS inkleurboek: A is vir Aanmekaaralfabetwoorde

GRATIS inkleurboek: A is vir Aanmekaaralfabetwoorde met vergunning van Werner du Toit. Saamgestel deur Suzanne Kotzé. Inkleurboek deur Werner du Toit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

GRATIS inkleurboek: A is vir Aanmekaaralfabetwoorde

Laai die oulike GRATIS inkleur-weergawe van “A is vir Aanmekaaralfabetwoorde” af. Die hele familie sal die nuwe woorde geniet en die illustrasies is te heerlik om in te kleur.

“A is vir Aanmekaaralfbetwoorde” is Werner du Toit se eerste boek. Hy is ’n pa van twee en woon in Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Werner wou nog altyd ’n boek skryf. Toe hy die boek “P is for Pterodactyl” raakgesien het, het hy die idee gekry om ’n soortgelyke Afrikaanse boek te skryf.

Sy ma, Ansie, het om kleintyd vertel van makataanwaatlemoententoonstellingsvereniging en hy onthou hoe verstom hy was toe hy die eerste keer van Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein gehoor het.

Hierdie storie oor eenwoordnuutskeppings neem langer om uit te dink as wat hy gedink het, en elke woord kry ’n kort storie wat rym by! Uiteindelik het hy die baie oulike boek geskryf – jy kan dit koop by  aanmekaar.co.za.

Werner het nou ook ’n GRATIS inkleurboek hieruit geskep.

“Ek het ’n inkleurweergawe van “A is vir Aanmekaaralfabetwoorde” gemaak om die verveeldheid van tuisbly so ’n bietjie meer draaglik te maak! Deel dit gerus met jou vriende en bly veilig tydens COVID-19!” sê Werner.

Koop gerus die volkleur-boek by  www.aanmekaar.co.za

Soos Werner sê: “Afrikaans is plesierig – as daar nie ’n woord vir iets is nie, dan maak ons een.”

Laai gerus die inkleurboek af. Klik hier: Inkleurboek – A is vir Aanmekaaralfabetwoorde

Loer ook: Laai die lekkerste blokkiesraaisels en woordspeletjies af

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.