Deur Karlien Meiring. Foto’s: Greteli de Swardt/Instagram
Die aktrise Greteli de Swardt (23), wat veral bekend vir haar rol in die TV-reeks Alles Malan is, het Maandag aan haar tweede kind die lewe geskenk.
Volgens die aktrise was die koms van haar en haar man, Juan, se babaseuntjie op Maandagoggend ‘n groot verrassing.
View this post on Instagram
Die gelukkige ouers het kort daarna pragtige foto’s saam met hul jongste gesinslid op sosiale media gedeel en bekendgemaak dat hulle hul seun “Jubel” genoem het.
Greteli het geskryf: “We celebrate your life, my son, and marvel at the love and light you’ve already brought into our hearts. You are more than we could have ever prayed for – a reason to cheer, to rejoice and to give thanks. Your name speaks of joy, and your presence fills us with awe. Ons kan nie wag om saam met jou te jubel en juig nie.”
Die paartjie, wat reeds die ouers van ’n dogtertjie, Alé, is, wat in 2023 gebore is, beskryf Jubel as “’n perfekte geskenk van ’n jubeljaar, ’n herinnering aan God se getrouheid en vreugde”.
Greteli, wat ’n groot aanhang op sosiale media geniet, het vinnig talle gelukwense van aanhangers en vriende ná die aankondiging ontvang.
View this post on Instagram