kategorieë: LeesOntspanning

Grieta, hoofstuk 15

Vir die eerste keer in hul jarelange vriendskap, is Magriet en Erik knorrig met mekaar. Erik sien rooi ligte flikker en Magriet leef in ’n waas van sagte verliefde kerslig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Erik is baie omgekrap omdat hy Klaus nie kan vaspen om ’n behoorlike kontrak oor die verkoop van Magriet se kunswerke op te stel nie. Hy voel Klaus ontwyk hom, en dreig om na die galery te ry en die saak “ferm op te los”. Magriet het gekeer en verskonings probeer uitdink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe Erik een oggend vroeg bel en sê hy is op pad na haar huis, het Magriet vroegtydig haar bloed voel kook want sy het geweet Erik gaan weer aan haar karring oor Klaus en die kontrak. Sy het geweet Klaus is baie besig en hy het haar al ’n paar keer gesê haar kontrak is op die groot hoop dokumente op sy lessenaar wat hy nog moet deurwerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Erik het twee koppies koffie langs Magriet se kombuistafel weggeslaan voor hy tot die punt gekom het. Magriet het geweet die groot bruin koevert wat hy saamgebring het, voorspel nie goeie nuus nie.

Hy het die koevert oopgemaak en ’n dik pak dokumente, foto’s en koerantknipsels uitgehaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is jammer ek moet dit aan jou doen, Grieta, maar ek weet jy het jou hart op die man gesit en ek is so bang jy kry weer seer.”

Magriet was dadelik uit op die verdediging.

“Ek het die geel pers-berig al gesien. Niks wat jy sê sal my oortuig dat Klaus nie ’n opregte mens is nie. Hy wil my help om my kuns bekend te stel en hy is goed vir my. Ek geniet sy geselskap.”

Erik het foto’s van Klaus saam met verskeie vroue op die tafel uitgepak. Magriet was verlig. As dit al is waaroor Erik bekommerd is, het sy klaar ’n verduideliking reg want in Klaus se kantoor is ’n hele muur vol sosiale foto’s van hom en die meeste is saam met vroue. Erik het skynbaar deeglike speurwerk gedoen om te bewys hy is reg oor Klaus Verdoorn.

“Ai, Erik, dit is sosiale foto’s. Dit is deel van Klaus se beroep om op sosiale blaaie te verskyn!”

Erik het ’n pakkie dokumente op elke foto gesit.

“Dit is so, maar daar is soms ’n storie agter ’n foto. Ek dink jy moet begin lees. Daardie geel pers-berig was net die rokie van die veldbrand. Die hof-argiewe skets nie ’n mooi prentjie oor jou liewe boyfriend nie.”

Magriet het haar bloedig vererg.

“Hy is nie my boyfriend nie! Hemel Erik, as ek nie van beter geweet het nie, het ek gedink jy is jaloers! Of is dit omdat jy nie ook iemand het wat jou hart ’n bietjie vinniger kan laat klop nie?”

Erik het niks gesê nie en die dokumente in Magriet se rigting geskuif. Sy het ’n ruk stil gesit en lees. Haar maag het op ’n knop getrek, maar sy wou nie aan Erik wys dat die dokumente haar ontstel nie.

Party van die dokumente was dagvaardings oor geld wat Klaus na bewering nie aan kunstenaars oorgedra het nie. In twee gevalle word Klaus as derde party in egskeidings genoem. Een vrou het Klaus vir troubreuk gedagvaar. Erik het Magriet se pyp namens haar gestop en eers self ’n paar puffe geneem.

“Hierdie man is ’n slymbol, Grieta. ’n Ou kalant. Hy gaan jou kunswerke verkoop en jy gaan die geld nooit sien nie. Luister asb. na my. Ek ken sy soort. Hy katrol jou eers in met komplimente en goeie maniertjies, en dan beland jou geld in sy bankrekening.”

Erik het Magriet in die verlede al baie oor situasies gewaarsku. Hy het haar selfs teen Stoffel gewaarsku. Hy het ’n goeie mensekennis weens sy beroep, en hy was uiteindelik reg oor Stoffel, maar dié keer is hy verkeerd, sy glo dit uit die diepte van haar verliefde hart. Sy glo daar moes ’n goeie rede wees vir elkeen van die dagvaardings. Klaus het haar al vertel hoeveel kunstenaars het hom al probeer swart smeer nadat hy hulle bekend gemaak het. “Daar is niemand so gemeen soos ’n kunstenaar wie se bekendheid begin afneem nie,” het hy nog aan haar verduidelik.

Sedert Klaus Magriet die eerste keer vir koffie ontvoer het, het hulle gereeld gaan koffie drink en uiteet. Hy het haar saamgeneem na verskeie kunsuitstallings en hulle het ’n paar keer teater en fliek toe gegaan. Klaus het hom deurentyd onberispelik gedra en haar met respek behandel. Hy het nie eens een keer probeer om haar te verlei nie, al beken sy aan haarself sy het al gewens hy moet dit doen. Klaus se gedrag teenoor haar het net nie gestrook met die beeld van losbol wat Erik se dokumente van hom probeer skep nie.

Magriet het van die tafel af opgestaan en die ketel weer aangesit. Sy het die vertroosting van soet tee nodig. Met ’n pot vars tee voor haar het sy opgekyk na haar jarelange vriend. Sy weet hy bedoel dit opreg, maar Erik is gewoond daaraan om altyd die ridder in haar lewe te wees. Hy was die een wat deur die jare haar kar en haar siel se pap wiele omgeruil het en haar trane afgedroog het, maar dié keer is hy verkeerd.

“Erik, ek waardeer wat jy probeer doen, maar ek dink nie jy gee Klaus ’n redelike kans nie. Daar is baie venyn in die kunswêreld en omdat Klaus invloedryk en suksesvol is, is hy ’n lekker teiken vir jaloerse mense. Klaus is regtig ’n wonderlike mens. Ek wens jy wil hom kans gee en hom beter leer ken. Sy groot fout is sy groot hart. Hy laat mense te maklik toe om oor hom te loop. Hy probeer goed wees vir mense, dan draai hulle teen hom.”

Erik het haar onderbreek.

“Vroue, Grieta. Dis waarop jou galante vriend fokus. En ja, hy het inderdaad ’n groot hart. Daar is altyd plek vir nog ’n vrou in sy lewe. Moet jou nie blind hou vir die getuienis voor jou nie. Hy kan nie ’n ander man se vrou uitlos nie. Ook nie hulle geld nie. Jou liewe Klaus stal nie graag mans se werk uit nie. Jy het dit seker al agtergekom?”

Magriet was gereed met haar antwoord.

“Klaus het sy meestersgraad oor die uitbeelding van die psige van die vrou in kontemporêre kuns gedoen. Om vroue se werk uit te stal, is deel van sy navorsing. Sy galery is bekend van fondament vir die bekendstelling van vroue se kuns.”

Erik moes besef het dat hy sy vriendin nie gaan oortuig dat die aantreklike galery-eienaar wat haar so betower, ’n skarminkel is nie. Hy het sy hande die lug ingegooi, sy laaste koppie tee gedrink en gegroet.

“Ek los die dokumente hier. Ek sou voorstel jy bespreek dit met Blink Stefaans.”

Magriet se hart het nie lekker gevoel oor die krapperigheid tussen haar en Erik nie.

Sy het die dokumente teruggesit in die koevert en dit gebêre. Sy wou dit nie meer sien nie. Diep binne haar het ’n sagte stemmetjie gewaarsku dat Erik dalk reg is, maar sy het die twyfel verjaag. Sy glo sy kan darem nie so sleg wees met haar oordeel nie. Klaus was in trane toe hy haar een aand vertel het hoe ’n jaloerse man hom valslik beskuldig het van ’n verhouding met sy vrou. Die man het Klaus tot in die hospitaal geslaan en groot skade aan die galery aangerig. “Jy sien mos hoe ek is, Meisiekind. Partykeer verstaan vroue my intensies verkeerd. Ek glo daaraan om ’n vrou goed te laat voel oor hulself, maar as ’n vrou uitgehonger is vir aandag, kan sy my verkeerd verstaan. Dis moeilik. Ek wens ek kon my persoonlikheid verander, maar ek is nou eenmaal so.”

Magriet het haar pyp gestop en weer oor sy woorde van daardie aand nagedink. Sy is ook uitgehonger vir aandag en Klaus laat haar baie spesiaal voel. Haar hele hart het gehoop dat Klaus Verdoorn haar kans is om weer gelukkig te wees. Sy het ’n paar puffe gegee en hardop met haarself gepraat, “Jy verdien dit om weer gelukkig te wees, Grieta. Jy verdien dit.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

17 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.