kategorieë: LeesOntspanning

Grieta, hoofstuk 3

Erik se oproep was onverwags. Nie dat Magriet en Erik nie byna daagliks mekaar gebel of ge-WhatsUp het nie. Grappies, skinderstories. Maar hoofsaaklik laasgenoemde. Hulle vriendskap het skandelik op skinder gefloreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar aan Erik se stemtoon kon sy hoor iets belangrik het gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Grieta, jy moet na my kantoor toe kom. Dis belangrik.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“As jy so praat, is iets verkeerd. Ek is nie vandag lus vir moeilikheid nie. Jaco? Die boedel?”

“Nee, nie Jaco nie en Ja, die boedel. Jy moet kom. Claudia en ou Frikkels gaan ook hier wees. Elfuur.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was reeds in daardie stadium duidelik dat Claudia en Jaco erf en dat daar niks vir haar in die boedel is nie. Sy het mos reeds haar deel met die egskeiding gekry?

Magriet het ’n kalmeerpil gesluk en haar lippe rooi gemaak. Sonder die pil het sy nie vir Claudia kans gesien nie.

Sy het byna uitgebars van die lag toe sy by Erik se raadsaal instap. Claudia het daar gesit, geklee in swart van kop tot tone. Soos ’n weduwee in ’n Mafia-fliek! Nog net die swart hoed en veil het gekort. Die arme bedroefde weduwee. Perfek gegrimeer en in Prada geskoei. Gereed vir dramatiese aksie. Wit sakdoekie byderhand in die gemanikuurde naels met die driedimensionele kunswerkies op.

Claudia het vir die effek hier en daar ’n snikkie gegee en met die sakdoekie gekeer dat haar grimering nie smeer nie. Pink-pink in die hoekies van die oë. Versigtig om nie die vals wimpers te versteur nie.

Magriet het geweier om op te kyk om aan die aangeplakte droefenis erkenning te gee. Sy het die binnekante van haar wange gekou van frustrasie om haar tong in toom te hou. Sy wou so graag vir Claudia sê sy moet versigtig wees want haar een wimper lyk of hy besig is om los te raak. Sy weet die ertjie-breintjie is in ’n toestand van ontsteltenis geprogrammeer. Vir wat Claudia dit nodig ag om so ’n vertoning te lewer, gaan Magriet se brein te bowe. Sy het mos nou al Stoffel se geld?

Erik was saaklik. Hy het ’n pakkie dokumente gereed gehad vir elkeen om te lees.

“Ons sal dit teenstaan,” Frikkie se gesig het geen emosie getoon nie, maar die sweet het op sy voorkop uitgeslaan en sy dik nek het effe gedril van woede. Claudia het gesnik.

Die woorde op die dokumente het voor Margriet se oë geswem. Kan dit waar wees? Stoffel wat altyd so deeglik was? Hoe kon hy so ’n fout maak?

“Ons sal dit beslis teenstaan,” het Frikkie weer benadruk.

“Jy het dit reeds gesê, en jy is welkom, jy weet reeds wat die uitslag gaan wees.” Erik het sy bril laer oor sy neus laat afsak en na Frikkie en Claudia gekyk.

Magriet het geweet daar vlieg ’n paar gemene gedagtetjies in sy kop rond. Sy kan haar altyd vergaap as Erik sy prokureursrol vervul. Erik wat soms so uit sy maag kan lag. Erik wat ’n grap so lekker kan vertel. Die ferm prokureursgesig het nie by hom gepas nie.

Claudia het weemoedig begin ween.

“Dis onregverdig! Sy verdien dit nie! Sy het arme Stoffie se lewe hel gemaak! Hom kaal uitgetrek.”

Laasgenoemde woorde het Erik en Magriet outomaties na mekaar laat kyk. Magriet het nie die vonkel in sy oog gemis nie. Sy het haarself die prentjie voorgestel van Stoffel wat poedelkaal by die skeihof uitstap.

Die geween het Magriet met mening op haar tande laat kners. Sy het haar op pad na Erik se kantoor voorgeneem dat geen woord oor haar lippe sal vloei nie. Dis hoekom Erik daar is.

“Uit die dokumente voor u is dit duidelik dat die voordele uit die polis my kliënt toekom. Sy is die enigste begunstigde.”

Claudia se stemmetjie het dun deur die lug geklief. Magriet kon voel hoe die migraine in haar brein begin nesskop. Tussen die groeiende hoofpyn het die ratwerk van haar muwwe brein die inhoud van die dokumente voor haar probeer verklaar.

Stoffel het duidelik vergeet van die groot lewenspolis wat hy in sy jong dae by Falco uitgeneem het. In die dae toe Magriet nog sy jong vroutjie was wat hy wou beskerm. Die bedrag laat Magriet haar oë knip. R3 miljoen. Wat kan sy alles met soveel geld doen?

Erik was nie lus om die vergadering uit te rek nie. Magriet was seker dat Claudia se dun stemmetjie hom ook irriteer.

“Dan is alles vir ons duidelik. Hiermee volstaan ek met die vergadering.”

“Julle sal spoedig  van ons hoor,” het Frikkie vir oulaas sy punt probeer benadruk en die sweet van sy voorkop afgevee.

“Ja, ja, ons weet dit reeds. Ons weet ook reeds wat die uitslag van die saak gaan wees.”

Ou Frikkels het die histeriese Claudia by die raadsaal uit begelei. Na hulle vertrek het Erik ’n rukkie na die dokumente sit en staar. Toe kyk hy op na Magriet.

“Die blinde sambok het geslaan! Die ou bliksem het sowaar van dié polis vergeet!”

Erik het uit die diepste plek in sy lang lyf gelag.

“Grieta, ou Girl. Dis nou justice!”

Magriet het nie heeltemal geweet hoe om op te tree nie. Wat is die korrekte optrede as jy pas ’n fortuintjie geërf het van jou eks? Sy wens sy het haar pyp gehad sodat die kersietwak haar emosie kan help vorm.

“Kom, Grieta, ek en jy gaan ’n drink drink.”

“Dis twaalfuur die middag!”

“En?”

Erik het haar aan die hand gevat en sy het hom soos ’n slaapwandelaar gevolg.

By die Newscafé het Erik vir hulle elkeen ’n whisky bestel. “Die duurste en beste wat julle het. Ek is hier saam met ’n skatryk vrou. Maak dit sommer ’n dubbel elk!”

“Wil jy my dronk maak in die middel van die dag?”

“Wel, ek dink met die getuienis voor ons, sal ek daarby baat om jou besope te maak op ’n Woensdagmiddag. Ek  weet immers nou jy het ’n goeie ou neseiertjie en wie weet? Dalk kan ek jou oortuig om jou los gelukkie met jou beste pel te deel?”

Magriet se tong het eers na die eerste whisky losgeraak.

“Waddehel, Erik? Kan jy dit glo? Die deeglike pyn-innie-gat Stoffel het opgeslip!”

“Net so, my Dolla. Jou ontroue man het vergeet van daardie een ou polissie!”

“Maar wat van Jaco?”

“Wat van Jaco, Grieta? Hy het genoeg geërf. Hierdie geld kom jou toe.”

Magriet het sommer self die kelner nadergehark vir nog ’n rondte.

“Maak dit liewer dié keer enkels. My kop draai al klaar.”

Erik het sy lang lyf reggeskuif en oor sy bril na Magriet gekyk.

“Mmmm, wat sal ek met R3 miljoen kan doen?”

“Ag, dis vir jou kleingeld. Jy maak dit sommer uit een egskeiding.”

Erik het kamma seergemaak na haar gekyk.

“Ja, met jou en Stoffel se egskeiding het ek mos Thailand toe gegaan. Lekker bruin getan en vir mooi girls gekyk terwyl ek jou liewer as pel moes steun. Haat jy my nog oor ek jou alleen gelos het in jou smart?”

“Ag, jy weet goed ek wou alleen gewees het. Moet tog nie so dramaties wees nie. Erik, wat dink jy moet ek met die geld doen?”

Hy het ’n groot sluk van sy whisky gevat en weer bo-oor sy bril vir haar geloer.

“Nie iets boring soos ’n belegging nie. Verskoon my dat ek my neus so in jou sake druk, maar jy het genoeg beleggings. Ons het vir ou Stoffel ’n venynige knou gegee met die egskeiding. Ek dink, my liewe vriendin, jy moet jou beste pel op ’n bootvaart neem. Dis nou ek, en nie Mariana nie. ’n Ryk vrou soos jy het ’n manlike chaperone soos ek nodig. Netnou ruik ’n fortuinsoeker jou rykdom.”

“Jy wil net die girls gaan uitkyk op die boot. Ek ken jou mos, jou ou rakker.”

Magriet het die dokumente uit haar sak gehaal en weer verstom na die bedrag gekyk.

“Die bootvaart is ’n goeie idee. Ons kan die talent uitkyk. Ek sal na die jong manne kyk en jy na die girls wie se boobs nog nie gesak het nie. Ons kan elke aand vreeslik baie skemerkelkies op Stoffel drink. Maar daarna? Wat van daarna, Erik?”

Erik het vooroor geleun en Magriet se hand gevat en dit gesoen.

“Moenie nou daaroor bekommer nie, Grieta, vat jou tyd. Jy sal die regte besluit neem. Maar moenie van ons boot-trip vergeet nie!”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.