kategorieë: WenkeSkoonheid

Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?


Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg? deur Suzanne Kotzé. Foto: Almaje/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beteken Bio-afbreekbare verpakking en formules?

“Eenvoudig gestel: produkte wat bio-afbreekbaar is, word deur ’n komposteringsproses weer grond wanneer dit in die natuur gelaat word. Die komposteringsproses vind plaas wanneer die produk blootgestel word aan suurstof sodat bakterieë en fungi die oppervlakke opvreet en die produkte vergaan en onherkenbaar word,” verduidelik Roelien du Plessis, lektor aan die Departement van Omgewingswetenskap, aan Unisa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar moet jy van bio-afbreekbare verpakking ontslae raak?

“Bio-afbreekbare verpakking kan saam met jou tuinafval geplaas word of op jou komposhoop, of in klein hoeveelhede op ’n slag kan jy dit vir jou wurms in jou wurmplaas voer,” sê Roelien.

As jy nie ’n komposhoop of plek vir ’n komposhoop het nie, beveel Robyn Smith, eienaar van faithfulltonature.co.za’ n bokashi-drom aan waarin jy kos-afval en klein hoeveelheid bio-afbreekbare verpakking kan gooi.

Lees ook: Laat jou vullis blom

Hoekom is dit geld en hulpbronne mors as jy bio-afbreekbare verpakking in jou gewone drom gooi?

Gooi jy jou bio-abreekbare rommel in die gewone drom, help dit nie veel nie. Die gereguleerde stortingsterreine is veronderstel om inkomende rommel te kompakteer en met ’n laag grond te ‘begrawe’.

Bio-afbreekbare produkte is veronderstel om dan te kan afbreek, maar die kompakteringsproses veroorsaak soms dat alle suurstof uitgepers word sodat die bio-afbreekbare produkte as ’t ware onder die grond ‘bewaar’ word. Daar is al koerante (papier is bio-afbreekbaar) op ’n afvalterrein opgegrawe wat ná baie jare nog leesbaar was.

Die idee is tog juis dat jy skoonheidsprodukte met bioafbreekbare formules gebruik sodat jy minder druk op ons water- en suiweringstelsels plaas.”

Hoe help skoonheidsprodukte met bio-afbreekbare formules die omgewing?

Om skoonheidsprodukte met bio-afbreekbare formules te gebruik plaas weer minder druk op ons waterstelsels en die suiweringsisteem.

Probeer hierdie produkte

Onthou egter ’n produk met ’n bio-afbreekbare formule soos hand- of lyfwas se verpakking is nie ook noodwendig bio-afbreekbaar nie. Maak seker jy kyk op die verpakking hoe om reg daarvan ontslae te raak.

Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?

    1. LUSH Cleansing Wipes 7 to 3 (R39,50) is ’n bio-afbreekbare, herbruikbare reiniger en grimeerverwyderingslappie wat jy net kan afspoel met warm water nadat jy dit gebruik het. Dit kan vir tot drie maande hou.
    2. Eco-Friendly Biodegradable Cotton Buds (R21,99 vir 100 oorstokkies beskikbaar by apteke landswyd en aanlyn by avidbrands.com) bevat geen plastiek nie en is ten volle bio-abreekbaar.
    3. Eco Diva Face Wash ( R340) het ’n hervulbare glasbottel in plaas van plastiek. Eco Diva bevat geen chemiese bestanddele nie en maak slegs gebruik van organiese en natuurlike bio-afbreekbare stowwe.
    4. RAIN se Castile hand- en lyfwasreeks (R109 vir 400ml) is gemaak van ’n verskeidenheid olies en is ten volle bio-afbreekbaar en kan op jou lyf en selfs jou hare gebruik word.
    5. KIEHL’S “Made for All” Gentle Body Cleanser (R550) reinig sagkens, is gemaak van 95% natuurlike betanddele (onder andere aalwyn en seepboom ekstrak) en die was is bio-afbreekbaar terwyl die bottel gemaak is van 100% post-verbruiks-herwinbare materiaal.
    6. WooBamboo volwasse tandeborsels  (R139 vir ’n pak van 2) word van natuurlike bamboes gemaak, wat natuurlik 100% bio-afbreekbaar is en het reeds 3,5 miljoen plastiek-tandeborsels wêreldwyd vervang.
    7. Earthsap Citrus & Ginger Body Wash (R88) ruik heerlik vars en is ten volle bio-afbreekbaar en die prys is meer bekostigbaar vir elke dag se gebruik.
    8. Aloha Bar (R120) lyk dalk soos ’n koekie seep, maar dit is sjampoe. Hierdie seep-sjampoe is gelykstaande aan drie bottels gewone sjampoe en is ten volle bio-afbreekbaar.

Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?

Nou weet jy hoe, geen verskonings!

Lees ook:

Zero-afval-skoonheid

Waterwys-skoonheid: Wêreldwyd ’n groot trend

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.