Genoeg vir 4
Groenslaai met varkfilet
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 (750 g) varkfilet
- 30 ml (2 e) kerriepoeier
- 30 ml (2 e) olie
- 1 appel, in dun skyfies gesny
- 2 stingels seldery, oorlangs in skyfies gesny
- 2 komkommers, in dun sirkels gesny
- 6 sprietuie, oorlangs gesny
- ’n hand vol pietersielie
- 1 avokado, in dun skyfies gesny
- 50 g kasjoeneute, gerooster
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Jogurtslaaisous
- 60 ml (¼ k) basiese slaaisous
- 200 ml ongegeurde jogurt
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- Meng alles en sit voor met die slaai.
Instructions
- Smeer die varkfilet met kerriepoeier en geur met sout en peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die filet vir 5-7 min. aan alle kante tot goudbruin.
- Rooster die vleis vir 10 min. tot gaar, maar nog sappig. Laat vir 5 min. rus.
- Meng die appel, seldery, komkommer, sprietuie, pietersielie, avokado en kasjoeneute. Sny die filet in dun skywe en meng met die res van die slaai.
Rooi Rose