Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 10 snye witbrood
- 80 ml grondboontjiebotter
- 80 ml marmelade
- 80 ml sagte botter
- 375 ml melk
- 500 ml room
- 60 ml strooisuiker
- 5 ml vanielje-ekstrak
- 4 eiers
- 60 ml ligte bruinsuiker
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n 2 liter-oondbak met kleefwerende kossproei.
- Smeer 5 snye brood aan die een kant dik met grondboontjiebotter en die ander 5 snye aan die een kant dik met marmelade. Plak ’n sny met marmelade bo-op ’n ander een met grondboontjiebotter sodat jy altesame vyf toebroodjies het.
- Smeer elke toebroodjie aan albei kante met botter, sny in drie vingers en daarna middeldeur sodat jy 6 reghoekige blokkies het.
- Pak die blokkies met die kante effens oorvleuelend in die oondvaste bak.
- Meng die melk, room, suiker, vanielje en eiers en gooi oor die snye brood. Laat staan vir 10 min. Sprinkel die suiker oor en bak vir 35-40 min. of tot die vla dik en goudbruin is.
