kategorieë: Ontspanning

Groot deurbraak vir Kaapstad Opera

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Annène van Eeden

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die aand het opera, kuns en samesyn gevier en ook as lusmaker gedien vir George Bizet se Franse opera, The Pearl Fishers, wat van 10 tot 14 Mei deur Kaapstad Opera by Kunstekaap aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die opera spog met ’n indrukwekkende geselskap, waaronder die Operalia 2017-wenner, Levy Sekgapane in sy debuut as Nadir. Levy woon en werk in Duitsland en het onder Kamal Khan en Hanna van Schalkwyk aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Hy is een van Suid-Afrika se groot operasuksessverhale. Saam met Pretty Yende is hy die enigste ander Suid-Afrikaanse operasanger wat Plácido Domingo se gesogte Operalia-kompetisie gewen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gas bel canto tenor, Levy Sekgapane, wat vir hierdie opera terugkeer na Kaapstad waar hy studeer het.
Kaapstad Opera solis, Brittany Smith saam met die gas bel canto tenoor, Levy Sekgapane. Die gas bel canto tenor, Levy Sekgapane

Kaapstad Opera solis en gevierde tenoor, Lukhanyo Moyake, en mede Kaapstadse Opera soliste Conroy Scott en Brittany Smith – onlangse wenners van die Fleur du Cap-teatertoekenning vir “Beste Manlike en Beste Vroulike Opvoering in ’n Opera” – as onderskeidelik Zurga en Leïla, is ook deel van die opera.

Magdalene Minnaar, Artistieke Direkteur van Kaapstad Opera en Kaapstad Opera solis, Brittany Smith.

The Pearl Fishers regisseur, Elisabeth Manduell, het aan gaste verduidelik dat Levy se besoek vir sy optrede in hierdie opera, ’n reuse geskenk aan Kaapstad is. Ook om die opera met vol operasale en sonder beperkings te kan opvoer.

“Alhoewel ons hierdie opera in 2021 tydens die hoogtepunt van Vlak 4 Covid-beperkings opgevoer het, was die geleentheid om weer na hierdie werk te kyk en die menslike element van aanraking by te voeg ’n baie insiggewende reis na ons eie ervarings met sosiale distansiëring en beperkings.”

“Ons kon fisieke omhelsing by soveel dele van hierdie opera voeg, maar deur sommige van die opvoering te behou soos dit in 2021 was, het ons ontdek dat wanneer ons karakters raak, dit soveel meer beteken. ’n Sentiment waarmee ek seker is dat ons almal aanklank kan vind.”

Aurélie Chaveau-Caron van die Konsulaat-generaal van Frankryk, Elisabeth Manduell, regisseur van The Pearl Fishers en Madame Fabienne Fort, die adjunk-konsul van Frankryk by die funksie.

The Pearl Fishers speel af op die eiland Ceylon – hedendaagse Sri Lanka is. Hierdie opera, ’n verhaal van liefde, vriendskap, verraad en verlossing, ondersoek ons ​​eie krag en swakhede as mense.

Bizet se driebedryf 1863-opera sentreer rondom ’n tragiese liefdesdriehoek tussen twee vissers, Nadir en Zurga, en hul liefde vir dieselfde vrou, die priesteres Leïla. Hulle is lewenslange vriende en hul broederlike kameraadskap kom tot uiting in een van die bekendste en mees opwindende tenoor-bariton-duette – ‘Au fond du temple saint’ – maar hul wedywering oor Leïla wat in ’n tweestryd is met haar liefde en heilige geloftes, skeur hulle amper uitmekaar.

Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes sal gedirigeer word deur maestro Adam Szmidt, wat by die geleentheid vertel het, die gehoor moet onthou in 1863 was daar geen e-pos, geen “dating app”. Die arme mense soek vir lank na liefde en daar is soveel teen hulle.” Hy praat ywerig met sy hande en is tussen elke uittreksel wat Levy en Brittany sing, nog meer opgewonde oor volgende week se opvoering.

Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes sal gedirigeer word deur maestro Adam Szmidt.

The Pearl Fishers spog met kunswerke van die gevierde kunstenaar Shakil Solanki, waarvan ’n paar in die Everard Read uitgestal is vir gaste om te bekyk. Shakil se reeks – in sy kenmerkende skakerings van blou – ontsluit die diepte en onstuimigheid tussen die opera se karakters, en nooi die gehoor om in ’n droomwêreld saam met hulle te verdwaal.

Een van die werke deur die kunstenaar Shakil Solanki.

“In The Pearl Fishers kyk ons ​​nie na ’n verhoog met tradisionele stelle en rekwisiete nie,” het Elisabeth verduidelik, “maar eerder na ’n doek waarop ons die tonele kan stel wat persoonlikhede en emosies op die verhoog verlig.

“Shakil se kunswerke het ’n sterk verwysing na Hindoeïsme en gee ons werklik ’n uitstekende persepsie van die diepste gedagtes van ons karakters. Weens die ongelooflike eteriese aard van hierdie teks, is ander gelowe geïnkorporeer om ’n holistiese siening te gee oor die spiritualiteit wat in die werk verteenwoordig word.

“Shakil se werke was ’n groot bron van inspirasie vir die opvoering – handposisies en interaksies wat in die kunswerke gevind word, is ook in die opvoering herhaal soos Zurga en Nadir se hernieude pakt of Leïla en Nadir se pragtige herontmoeting. Die koor se bewegings is ook ontwerp om die teksture wat in die kunswerke gevind word, te weerspieël in wervelings en stilte wat ook in die musiek lewend gemaak word.”

Shakil het aan gaste verduidelik sy werk is sterk inspireer deur Michael Derek Elworthy Jarmin, ’n queer Britse filmmaker en dat sy werke vir hierdie opera ’n queer perspektief op die storie bied. “Ek wou die liefde wat hierdie twee mans vir mekaar het, uitbeeld en daarom die gebruik van blou, wat trots queer verteenwoordig.”

Die kunstenaar Shakil Solanki.

Levy het vertel dis heerlik om weer terug te wees in Kaapstad, dis waar “ek as kunstenaar gevorm is”. Hy het met ’n groot glimlag gesê dis ’n voorreg om saam met Kaapstad Opera te sing, “want ek was so bang mense vergeet hier by die huis van my!” Hy het gesê die werk wat Kaapstad Opera tans verrig, trek wêreldwyd aandag en sangers soos Placido Domingo neem kennis en wil ’n toer na Suid-Afrika onderneem.

Gaste kon aan yskoue vonkelwyn voor en tydens die vertoning met uittreksels uit die opera, teug.
Gesonder opsies vir droë kele was wortel en beetsap.

Die opera word in Frans gesing, met  Engelse en isiXhosa onderskrifte.

Lees ook: KoppieTeeFontein met Jak de Priester keer terug na kykNET

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

19 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

22 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

23 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

2 days Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.