kategorieë: Sukses en geld

Groot geregtigheid vir vroue

FRUSTRASIE. Dit is wat mense hof toe dryf. As jy, soos drie van rooi rose se joernaliste, een van die duisende mense landwyd is wat die afgelope dekade skielik ’n selfoonrekening van R3 000, R8 000 of selfs R42 000 gekry het, is dit tyd dat jy saam met ons jou voet dwars sit. Hoe? Hofsake is duur. Jy kan saam met elkeen van ons ’n selfoondiensverskaffer na die hof vir klein eise neem. Ná kantoorure. Dit kan jou hoogstens R115 kos. Ons het gaan vasstel hoe werk dié hof. (Ons neem ’n selfoondiensverskaffer as voorbeeld maar jy volg presies dieselfde stappe om enige ander klein eis in te dien.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

DIE AGTERGROND

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou sogenaamde open-ended-kontrak vir jou selfoondiensverskaffer-datastokkie gee jou twee GB-data. As jy dit oorskry, betaal jy in. Reg en billik. Jy hou jou verbruik dop en bly binne die grense. Sestien maande lank sonder probleme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe, op ’n dag, kry jy ’n SMS wat sê daar is “unusual activity” op jou selfoonstokkie, en jy skuld die verskaffer nou R3 734,01. Genade ons, jy was beswaarlik ’n uur op die internet. Hoe kan dit wees? Jy bel dringend. Nee, sê hulle, die rekening is in jou pa se naam en daarom mag jy nie instruksies daaroor gee nie. Jou pa is in vergaderings en reageer nie op jou boodskappe nie.

Al het jy ná die eerste SMS jou stokkie afgeskakel, kry jy ’n paar uur later nog ’n boodskap van jou selfoondiensverskaffer: “The outstanding amount on your account is now R8 748,65.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Uiteindelik bel jou pa en stop die rekening. Julle gaan na die klantedienssentrum en vra ’n ondersoek.
Die agent by jou verskaffer se klantedienssentrum haal sy skouers op: julle het ’n open-ended-rekening. Daar is niks te doen nie. Hy erken wel dat dit “dikwels” gebeur en dat “baie mense hieroor kom kla”.

Jy moet bewys jy het nie data gebruik nie. Hulle rekords wys data is na jou IP-adres afgelaai. Hulle hou nie rekord van die webwerwe waar jy was nie. Hulle kan nie wys waarop jy dit gebruik het nie, net dat jy data verbruik het. Dit help nie om te sê hulle kan na jou rekenaar se internet-geskiedenis kyk nie, want jy kon die stokkie op enige ander rekenaar gebruik het. Al verklap hul SMS’e oor die “unusual activity” dat hul eie stelsel iets ongewoons opgetel het, neem hulle nie eienaarskap van die probleem nie.

Al het ’n hacker hul stelsel binnegedring en so op jou stokkie ingekom, aanvaar hulle nie verantwoordelikheid daarvoor nie. Ook nie vir die sogenaamde phantoms (iemand anders aan wie die verskaffer per abuis dieselfde nommer as joune toegeken het) nie.

Die einde van die maand is daar R8 748,65 van sy bankrekening afgetrek –
jy het mos ’n outomatiese debietorder ten gunste van jou selfoondiensverskaffer.

TREK JOU HOFSKOENTJIES AAN
Gebruik die hof vir klein eise so, sê Ben Estehuyse, ‘n prokureur van Montagu.

STAP 1 Is jou saak geskik?

Die hof vir klein eise hanteer nie egskeidings, troubreuk, toesig oor kinders, laster, testamentkwessies, kriminele oortredings en sake teen die staat of munisipaliteite nie. Jy kan wel eis vir uitstaande skuld en huur, skade aan eiendom en besittings, onbevredigende dienste gelewer, onbevredigende goedere, uitstaande lenings en vir onregmatige verhaling van geld soos in hierdie geval.

Jy as individu kan enige individu, regs-persoon, maatskappy, korporasie, assosiasie, klein besigheid of diensverskaffer na hierdie hof neem, en dus vir jou verskaffer ook. Hulle en hul skuldinvorderaars kan nie hierdie hof gebruik nie. Sake moet kleiner as R12 000 wees. As groter bedrae betrokke is, kan jy jou eis na R12 000 verminder.

Met 248 howe vir klein eise landswyd is daar een in die meeste groot dorpe met ’n landdroskantoor. Kry jou naaste een by http://www.justice.gov.za/scc

Kies die regte plek vir jou saak: maak jou saak altyd aanhangig by die hof vir klein eise waaronder die verweerder se werksadres (as dit ’n besigheid is) of woonadres (as dit ’n private individu is) val – in die geval waar jou naaste verskaffer se streekskantoor is.

STAP 2 Praat eers self

Dit is raadsaam om ’n brief aan die ver-weerder, in hierdie geval die verskaffer, te pos, e-pos, faks of per geregistreerde pos te stuur waarin jy (1) die feite gee waarop jou saak berus (2) hom verwittig van die bedrag wat volgens jou onregmatig van jou verhaal is en (3) terugbetaling binne 14 werks-dae eis.

Gee al die besonderhede: jou rekeningnommer (en in hierdie geval ook jou selfoon- en simkaartnommer; die verwysingsnommer wat jy by die klantedienssentrum ontvang het); die datum van die gebeurtenis; die bedrag betrokke; wanneer en hoe jy op-gevolg het; met wie jy gepraat het, asook jou kontakbesonderhede.

STAP 3 Landdroskantoor toe

As die verweerder nie die saak regstel nie, gaan in kantoorure hierheen. By die meeste howe sal die toegewysde klerk van die hof vir klein eise kortliks na jou saak luister om die meriete daarvan te bepaal.

STAP 4 Stuur ’n aanmaningsbrief

Die klerk sal jou nou help om ’n amptelike, gestempelde aanmaningsbrief op te stel. Dit kos R15 en jy moet dit persoonlik of per geregistreerde pos aan die verweerder besorg. Die beskuldigde (byvoorbeeld ’n selfoondiensverskaffer) kry weer 14 dae om die saak reg te stel. Onthou om die beskuldigde se volle name en werk- en/of woonadres en kontaknommers saam te bring.

STAP 5 Wag, kry vergoeding of dagvaar

As die verweerder jou betaal, stel die hof vir klein eise daarvan in kennis. Die saak is dan afgehandel. As die verweerder nie reageer of nie bevredigend reageer nie, is dit tyd om te dagvaar. Gaan terug na die hof vir klein eise waar die klerk jou ’n hofdatum sal gee en help om ’n dagvaarding op te stel.

In die dagvaarding stel jy jou saak. Beplan wat om te skryf. Die doel is om die kruks van die probleem te stel en die agtergrond bondig en akkuraat te skets om die kommissaris (gewoonlik ’n prokureur wat dit in sy eie tyd doen) volledig in te lig. Gee weer al die detail en feite, soos jy dit in jou eerste brief aan die verweerder gestel het.

Hierna gaan jy na die balju wat die dagvaarding en hofdatum aan die verweerder (jou verskaffer) bestel. Dit kos R100 en jy moet dit dadelik word. As jy jou saak wen, moet die skuldige party jou R100 terug-betaal.

STAP 6 Nou vir die hofsaak

Die hof vir klein eise sit weeksdae na ure, meestal tussen vier en agt. Jy moet jouself verteenwoordig. Al mag jy nie ’n prokureur gebruik nie kan jy vooraf, op jou eie koste, met een konsulteer om jou te help om jouself voor te berei.
Jy en die verweerder kry elkeen kans om onder eed sy kant te stel en getuies te roep. As jy gevra word, skets jou saak stap vir stap soos dinge gebeur het.

Die kommissaris gebruik die dagvaarding as blitsagtergrond en sal julle albei moontlik uitvra. Hy kan op enige tydstip besluit dat hy genoeg inligting het om uitspraak te lewer.

Bly beleefd en kalm: spreek die kommissaris as “Edelagbare” of “Meneer” aan, en moenie die verweerder in die rede val nie, al stem jy nie saam met wat hy sê nie. Luister eerder deeglik na sy kant – maak selfs notas – en vra ná sy spreukbeurt of jy perspektief kan gee op feite wat jy dink foutief aangebied is, maar jy mag hom nie kruisondervra nie.

STAP 7 Uitspraak

Die kommissaris maak daar en dan ’n regs-afdwingbare en finale uitspraak. Jy kan nie appelleer, of jou saak na ’n ander hof neem nie, tensy daar growwe onreëlmatigheid was. Soms word die saak uitgestel, byvoorbeeld as die kommissaris meen die klaer of verweerder moet nog bewyse bring, of as die saak buite die jurisdiksie van die hof van klein eise val.

STAP 8 Afloop

Die kommissaris vra nou die verweerder hoe hy die vonnisbedrag wil terugbetaal, en maak in ooreenstemming daarmee ’n billike betalingsbevel. As die verweerder versuim om te betaal, of nie volledig betaal nie, gaan weer terug na die klerk waar jy in ’n beëdigde verklaring aantoon hoeveel geld uitstaande is. Hy reik ’n lasbrief om eksekusie uit wat die balju magtig om op die verweerder se bates beslag te lê en te verkoop.

AFTIKLYSIE VIR DIE HOFDAG
Sake word maklik uitgegooi. Maak jou saak sterk en neem saam:

# Al jou bewyse soos rekenings, kwitansies, skuldbriewe, afskrifte van e-pos, bewys- strokies, koopstrokies, kontrakte of ooreenkomste

# ’n Rekord van oproepe en pogings wat jy gemaak het om die saak op te los, inslui- tende die reaksies van die beskuldigde

# Foto’s van die skade, indien relevant

# Getuienis om jou saak te staaf sodat dit nie net jou woord teen die verweerder
s’n is nie

# Kundiges, vir kundige menings. Hulle moet in die hof verskyn. Jy kan nie net ’n
kundige se verslag voorlê nie.

# Jou identiteitsdokument.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.