kategorieë: HareSkoonheid

Haarkleur-hulp! Wat om te doen oor gekleurde hare wat nou uitgroei

Haarkleur-help! Wat om te doen oor grys hare wat uitgroei deur Suzanne Kotzé. Foto triocean/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haarkleur-help! Wat om te doen oor grys wortels wat uitgroei

Jy was weke laas by die haarkapper en dit wys! Ons is almal saam desperaat …

Hier is raad vir uitgroei-haarkleur, van aanspuitkleur (en waar jy dit NOU kan koop) en selfs ’n paar mooi grys haarstyle vir as jy voel dit is tyd vir uitgroei …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. #ShowYourRoots is wat die meeste salonne ons vra om te doen.

Haarstiliste en salonne vra ons om nie ‘boks’-kleur te gebruik nie, en eerder te wag met die kleur.

Sommige salonne soos Absolut Hair, Claremont, Kaapstad het selfs ’n kompetisie vir die wat braaf genoeg is om hulle uitgroeikleur op sosiale media te wys.

Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge, Kaapstad sê: “Op die oomblik verkies ek dat mense vir hul haarkappers wag en nie hul eie hare kleur nie. Die wêreld gaan beslis nou deur ’n baie moeilike tyd, maar daar is maniere om jouself mooi te maak sonder kleur.”

Salonne is van die klein besighede wat ook swaar gebuk gaan onder die inperking en het ons steun nodig.  As jy ook nog nooit self jou haarkleur gedoen het nie (veral ons blondines) is die kanse goed dat jy dalk meer gaan moet betaal by jou salon om jou kleur te laat ‘regmaak.’

Byt vas!

Lees ook: 8 dinge wat elke vrou moet weet voordat sy haar hare blond kleur

Vir mode, skoonheid en welwees nuus besoek Stylvol

2. Probeer ‘n kleursproei

Ons was verheug toe ons sien Dis-Chem, Takealot en Clicks verkoop hierdie L’Oreal Paris Magic Retouch Instant Root Concealer ‘haar’-redders. Pryse wissel van R91-R99,95.

Dit is ’n ou staatmaker, wat ek gereeld gebruik, veral in daardie laaste week voor my salonbesoek. In hierdie geval eintlik maande …

Ek was so bly toe ek ’n vol botteltjie in my kas ontdek gedurende die inperking, want ek sukkel om die blonde kleur in die hande te kry!

Eva Longoria, wat ook ’n segspersoon is vir L’Oréal Paris, wys mooi hoe dit werk. Dit laat jou hare wel effens taai voel, maar dit is die moeite werd!

3. Maskara kan vir donker hare werk …

As jy sukkel om van die kleursproei in die hande te kry, of nie nou geld het nie, is maskara ook ’n oplossing vir donkerkoppe.

Charles Junior van Hashtag Colour Lounge sê dit werk veral goed as jy jou hare vasmaak. “Wend dit aan jou hare op jou haarlyn, soos wat jy maskara sou aanwend, maar sonder om aan jou kopvel te raak.”

Haarkleur-help! Wat om te doen oor grys hare wat uitgroei

Foto: Vladimir Zubkov/istock images

4. Oogskadu is ons nuwe geheime wapen

Charles Junior Louw sê oogskadu wat na aan die kleur van jou hare is kan ook werk.

“Maak net seker dit is mat, en nie glinsterend nie. Wend net ’n klein bietje (a little goes a long way) aan op die wortelarea van jou paadje.”

Haarkleur-help! Wat om te doen oor grys hare wat uitgroei

Foto: Lara Hata/istock images

5. Kam ’n sigsag-paadjie

Deur ’n sigsag-paadjie te kam, kan jy ook jou uitgroeikleur opbreek en wegsteek is David Bekker van Tosca Salon, Stellenbosch se raad.

6. Steek dit weg met ’n haarserpie of haarband

Kies ’n haarserpie en sommer ’n mooi helder lipstiffie en trek die aandag weg van enige uitgroeikleur.

Die serpie hoef nie noodwendig al jou uitgroei kleur weg te steek nie, maar dit breek dit net op en trek die aandag weg van die kleur.

En nee, jy hoef nie soos ń klein dogtertjie of ’n 1950’s huisvrou te lyk met ’n haarserpie nie. Kyk net hoe mooi lyk hierdie bekendes met haarserpies en bande.

Kyk die oulike video oor haarserpies hier en loer hier vir nog raad en idees

7. Groei nou jou grys uit

Jy dink dalk al ’n rukkie daaraan om jou grys uit te groei, maar was nog nooit braaf genoeg nie.  Nou is dalk die tyd?

Kontak gerus jou haar stilis en vra sy/haar raad.

Onthou egter wel dat dit ’n lang proses is.

Jy sal dalk kleurkorrigering nodig hê na die inperking. “Die proses werk amper soos ligstrepies, maar die lig en donker word bymekaar uitgebring sodat dit lyk asof dit natuurlik inmekaarvloei,” sê Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge.

Lees ook: Raad hoe jy ook ’n sjiek grys haarstyl kan kry

Hier is mooi grys haarstyl-inspirasie van bekendes

Maye Musk

Die 72-jarige Suid-Afrikaans/Kanadese model (en ma van Elon Musk) het die mooiste glansryke grys styl.

Lees ook: Druk jou persoonlikheid uit met mode – hier is ses ikone wat ons inspireer

Dianne Keaton

Die aktrise se skouerlengte hare lyk gesond en blink. Sy spandeer verseker tyd en geld om haar hare so mooi te laat lyk.

Lees ook: Die mooiste inspirasie vir kort hare

Carmen Dell’Orefice

Carmen Dell’Orefice is ’n Amerikaanse supermodel en aktrise. Sy is 87 jaar oud! Hoe mooi is haar hare en sy nie?!

7. Ondersteun jou salon; koop nou, kry die behandeling later

Baie salonne het spesiale ‘koop nou, gebruik later’ pakkette.

Salonne is klein sake-ondernemings wat nou ons ondersteuning nodig het.

So kry jou salon geld in, en jy spaar geld.

Kontak jou salon gerus en vra of hulle sulke aanbiedings het.

Tosca Salonne

Absolut Hair, Claremont

Wyatt Hair, Johannesburg

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé en assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes op Instagram @Stylvol.co.za

of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.