kategorieë: HareSkoonheid

Haarstyle vir fyn hare

Haarstyle vir fyn hare deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Tracy Loubser Artistic Imagery; Stilis: Jean Witte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Chad Hanna, stilis en eienaar van Chad Hanna Hair Team gee raad

Lyne met gewig is belangrik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy ’n styl kies, onthou dat jy lyne met gewig nodig het; soos ’n bob wat tot net op jou skouers kom, maar met langer, hoekige lyne na voor gesny word om jou gesig te omraam.

Lees ook: 9 wenke vir hemelse hare

’n Eenvoudige bob styl werk goed

’n Bob met ’n eenvoudige, skoon snit wat net om jou ken area val, is ’n goeie keuse.

Lees ook: Werk só met fyn hare

Foto: Wella Proffesionals

Sê ja vir assimetrie en tekstuur

Die heel beste style vir fyn hare is korter pixie style, wat assimetries of in oneweredige (choppy) lae geknip is.

Foto: Wella Proffesional

Ligte lae vir skouerlengte hare

Vir die “strand-voorkoms” is skouerlengte hare met ligte lae op jou eindpute ’n goeie keuse. Onthou die regte haarkleur vir jou veltoon is baie belangrik en kan ook jou hare voller laat lyk. Kyk net hoe mooi komplementeer hierdie kleur die snit om die hare voller te laat lyk.

Lees ook: 13 haarwasfoute wat almal maak

Foto: Wella Proffesional

Jean Witte, eienaar van Synergy Hair Salon se raad

Kies ’n kuif by jou bob

Hierdie tipe bob style werk goed vir fyn hare, en deur ’n kuif te knip laat jy die styl meer edgy voel, en dit laat jou hare voller lyk.

Fotograaf: Tracy Loubser Artistic Imagery; Stilis: Jean Witte

Kort, met langer hare bo

Hierdie tipe styl waar daar meer lengte bo is en korter onder, laat jou hare dikker en voller lyk en jy kan jou hare glad en netjies dra of meer deurmekaar.

Foto: Wella Proffesional

Lees ook: Somerwenke vir jou hare

Onthou ook

  • Hou jou hande uit jou hare! Jy het waarskynlik ’n olierige kopvel as jy fyn hare het, en deur die heeltyd aan jou hare te vat, versprei jy net die olie en maak jy jou hare meer olierig en papper.
  • Minder is meer; moenie te veel produkte aansit nie, want dit kan jou hare swaar maak en laat pap hang.
  • Sit opknapper net op jou haarpunte aan.
  • As jy ’n haarmasker gebruik, spoel jou hare goed uit. Een van die beste wenke wat ek al ooit gelees het, is om jou hare uit te spoel tot jy dink jy het alles uitgekry, en dit weer te spoel.
  • Droë sjampoe is nie net vir vuil hare nie; dit is wonderlik vir volume wanneer jou hare plat/pap val deur die dag.
  • Seewater sproei is ’n goeie keuse vir meer deurmekaar style.

Lees ook: Raad vir olierige hare

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.