kategorieë: HareSkoonheid

Haarstyltrend: Natuurlike Tekstuur

Deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: ghd ss18 Missoni Fashion Week

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

RAW Bohemia-Voorkoms

Indola Street Style Versameling

Hierdie  is deel van die Indola se Raw Bohemia-voorkoms. Die kleur – hulle noem dit “Sunkissed Balyage“- lyk natuurlik, en dit werk veral goed vir “ongestileerde” en “terloops” style. Maak ’n vlegsel aan die een kant met klein metaalringetjies (gebruik sommer oorringetjies) daardeur geryg en los, natuurlike krulle aan die ander kant. So sal jy straatslim en koel lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verskillende haarteksture

Label.M We are two campaign

Hierdie style is van die Label.M se We are Two-veldtog. Met die style en modelle wou Sacha Mascolo-Tarbuck, kreatiewe hoof van Label.M wys hoe modelle se haarteksture verskil, en hoe jy dit kan gebruik om hul individualiteit te beklemtoon en iets uniek te skep. Ons is gaande oor die bykomstighede in die blonde model se hare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Borrel-bokstert

L’Oreal Paris Le Défile

Die bekende haarstilis Stephane Lancien het hierdie voorkoms vir die L’Oreal Paris Le Défilevertoning geskep. As jy lekker lang, dik hare het, is dit ‘n wonderlike manier om ’n gewone bokstert anders en meer modieus te laat lyk.

Individualiteit

ghd SS18 X Missoni Fashion Week

ghd het by die Missoni SS18-vertoning saam met haarstilis Anthony Turner gewerk om hierdie voorkoms te skep wat in pas is met die skoonheidswêreld se huidige fassinasie met individualiteit. Elke model het ’n styl gekry wat by haar haartekstuur pas, eerder as om ’n sekere tipe voorkoms vir almal te skep. Die hare is wel gestileer en is nie deurmekaar nie; hulle het steeds produkte gebruik om natuurlike tekstuur te beklemtoon en te vier.

Gedefinieërde krulle

L’Oreal Paris Le Défile

Hierdie is nog ’n skepping van Stephane Lancien. Kyk net hoe mooi is die krulle en natuurlike tekstuur!

Produkte om tekstuur te skep:

  1. ghd Root Lift Spray (R220)
  2. Label.M Volume Foam (R335)
  3. L’Oreal Studio Liner Matte & Messy Pot (R94,95)
  4. Indola Texture Rough up (R221 vir 85ml)
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff
Tags: hairbeauty

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.