kategorieë: Ontspanning

Nuwe TV-reeks: Onder die Suiderkruis

Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Van links: Deon Lotz, Tinarie van Wyk-Loots, Stian Bam, Christia Visser, Monique Rockman, Lee-Ann van Rooi en Brendon Daniels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op die stel is dit woelig met monitors wat oral opgestel is. Tonele word keer op keer herhaal om dit perfek te kry. Elizabeth Archer hou alles met ’n arendsoog dop: Hollywood in Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar was groot geheimhouding rondom die storielyn en die ontwikkeling van die karakters, so moet hierdie program nie misloop nie. Dit begin vanaand, Maandag 12 Junie 2018, om 19h00 op SABC 2.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onder die Suiderkruis is ’n storie wat gebaseer is op die wel en weë van drie families wat oor ’n paar jaar strek.

In die eerste seisoen ontmoet ons die meeste van die hoofkarakters as kinders tussen 1980 en 1985. Die kyker is deurgaans bewus van die ouers se invloed op hul jong lewens. As tieners en jong volwassenes herken ons al die neigings in hul gedragspatrone wat hulle deur die res van hul lewens met hulle sal saamdra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n opsomming van die karakters.

Die Tredoux familie:

Andries Tredoux (Pa) word vertolk deur Anton Dekker. Andries is die outokratiese hoof van die huis wat almal met ’n ysterhand regeer.

Die immergewilde Anton Dekker het al onder meer rolle vertolk in Bloedbroers en Onder Draai die Duiwel Rond.

Trunette Tredoux (Ma) word gespeel deur Michele Burgers.

Michele Burgers was onder meer te sien in Vallei van Sluiers, Veldslag, Ballade vir ’n Enkeling, Meeulanders asook Manakwalanders.

Stephen Tredoux (seun), gespeel deur Stian Bam, is in sy rol van kleins af die versorger en beskermer van sy ma en suster.

Stian Bam is bekend vir Uitvlucht, Veraaiers en Vallei van Sluiers.

Jane Tredoux (dogter), gespeel deur Christia Visser, is ’n morbiede en buierige kind. Sy het ook ’n sterk persoonlikheid wat nooit skroom om die moeilike vrae te vra nie.

Christia Visser se rolle is te veel om te noem. Sy is onder meer bekend vir haar rol in Tess, Hollywood in my Huis en Ballade vir ’n Enkeling.

Oupa Stevie word vertolk deur Chris van Niekerk. In sy rol is hy ’n oopkop Oupa en die sin van rede in die Tredoux-huishouding.

Chris word veral onthou vir sy jare-lange rol as Oom François in 7de Laan.

Die Normington familie:

Jazz Normington (man) word vertolk deur Brendon Daniels. In die reeks is hy ’n saksofoonspeler wat elke aand musiek maak. Hy is ’n sorgvrye siel wat hou van poker en musiek.

Hy is bekend vir sy rolle in Vallei van Sluiers asook Die Boland Moorde waar hy die rol vertolk het van Adjudant-offisier Shane Williams.

Mary Normington (vrou) word gespeel deur Lee-Ann van Rooi. In haar rol is sy (soos in haar werklike lewe) ’n onderwyseres. Al voel sy soms dat haar man ook ’n juffrou nodig het om groot te word, loop die liefde sterk.

Lee-Ann van Rooi het ook verskyn in onder meer: Fishy Fêshuns, Die Boekklub, Die Boland Moorde, Sarah se Geheim en Die Byl.

Die Smithyman huishouding:

Donny Smithyman (pa) word vertolk deur die gewilde Deon Lotz. In die reeks besit hy ’n groot plaas in die Karoo waar hy ook ’n private diamantmyn besit. As enkel ouer is hy versot op sy enigste dogter.

Deon Lotz is veral bekend vir sy internasionale rolle in Mandela: Long Walk to Freedom en Beauty (Skoonheid.)

Skye Smithyman (dogter) word gespeel deur Tinarie van Wyk-Loots. In die reeks word sy groot op die plaas “Granietfontein,” en is gewoond aan private onderrig en is akademies vêr voor haar maats. Tog waarborg dit nie haar emosionele ontwikkeling nie.

Tinarie is ’n bekende gesig in die Suid-Afrikaanse teater- en filmkringe. Sy was onder meer te sien in Jimmy in Pienk, Zulu, The Company You Keep en Vallei van Sluiers.

Skip Gouws word gespeel deur Alyzzander Fourie. Hy is Donny se regterhand as plaasbestuurder en vertroueling.

Alyzzander is bekend vir his rolle in Lennox en die SABC2 televisie mini-reeks Malan en Kie.

Die reeks begin op 12 Junie 2018 om 7 uur op SABC 2.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.