Lewer sowat 10-12 plaatkoekies
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }185 g (1¼ k) meel
7,5 ml (1 ½ t) bakpoeier
knypie sout
5 ml (1 t) kaneel
2,5 ml (½ t) neutmuskaat
15 ml (1 e) strooisuiker
80 ml hawermout
375 ml (1½ k) karringmelk
1 eier, liggies geklits
gerasperde skil van 1 lemoen (opsioneel)
1 appel, gerasper
35 g botter, gesmelt + ekstra vir braai
1 Sif die meel, bakpoeier, sout, kaneel en neutmuskaat in ’n middelslag-mengbak. Roer die strooisuiker en hawermout by.
2 Meng die karringmelk, eier, lemoenskil en appel en voeg die botter by. Gooi die karringmelkmengsel by die meelmengsel en meng goed. Laat vir 20 min. staan.
3 Braai lepels vol van die beslag in ’n bietjie gesmelte botter in ’n pan. Draai om wanneer daar borreltjies bo-op vorm en braai tot goudbruin alkant. Sit voor met haselneut-en-heuning-botter.
100 g botter
100 g haselneute, liggies gerooster en grof gekap
100 g heuningkoek of 3 e (45 ml) heuning
1 Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Skep uit en rol in waspapier toe.
2 Hou vir 20 min. in die yskas tot hard. Skep dun skyfies op die warm plaatkoekies en sit voor terwyl die botter smelt.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.