kategorieë: Bekendes

Heerlike kos, interessante kulture en Gordon Ramsay!

Heerlike kos, interessante kulture en Gordon Ramsay! – Deur: Zoë Salzwedel Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gordon Ramsay is in Skotland gebore, maar het grootgeword in Stratford-upon-Avon in Engeland. Ná ’n besering wat sy hoop op ’n belowende sokkerloopbaan voortydig beëindig het, is hy terug universiteit toe om ’n kursus in hotelbestuur te voltooi. Sy toewyding en natuurlike talent het daartoe gelei dat Gordon saam met van die wêreld se topsjefs kon werk – soos Albert Roux en Marco Pierre White van Londen, en Guy Savoy en Joël Robuchon van Frankryk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Michelin-sterre

In 1993 is Gordon as die hoofsjef van die Aubergine-restaurant in Londen aangestel, en binne drie jaar vanaf sy aanstelling het dié gesogte restaurant twee Michelin-sterre ontvang. In 1998, op die ouderdom van 31, het hy sy eerste volfiliaal restaurant, Restaurant Gordon Ramsay, oopgemaak en dit het vinnig die mees gesogte lof in die kulinêre wêreld ontvang – 3 Michelin-sterre. Dié besonderse prestasie het daartoe gelei dat Gordon die eerste Skotse sjef in die geskiedenis is wat drie Michelin-sterre verower het. Vandag is Restaurant Gordon Ramsay Londen se enigste restaurant wat dié toekenning vir so lank kon behou, en Gordon is een van slegs vier sjefs in die Verenigde Koninkryk wat drie sterre tegelyk kon behou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

A post shared by Restaurant Gordon Ramsay (@restaurantgordonramsay) on Jul 25, 2018 at 9:30am PDT

Nou ’n veelbekroonde, internasionaal bekende Michelin-sjef, besit Gordon Ramsay ’n hele reeks suksesvolle restaurante regoor die wêreld. Dit sluit twee ondernemings in Katar in Doha in, vyf restaurante in Las Vegas, en onderskeidelik ook restaurante in Atlantic City, Baltimore, Hong Kong, Singapoer en Doebai (om maar net ’n paar te noem, gaan kyk gerus hier na al sy restaurante). Hy besit ook 15 verskillende restaurante in London.

Asof dít nie indrukwekkende genoeg is nie

Die volgende generasie multimedia-produksiemaatskappy Studio Ramsay is in 2016 gestig deur Gordon Ramsay en het ’n gesamentlike onderneming met All3Media gevorm om televisieprogramme te ontwikkel en vervaardig. Studio Ramsay se eerste produksie was die regstreekse-reeks The F Word With Gordon Ramsay wat in die VSA op première geplaas is, en sy tweede FOX-reeks Gordon Ramsay’s 24 Hours to Hell and Back is dié seisoen se nommereen-kookprogram op televisie.

Hy is bekend vir uiters suksesvolle, oorspronklike en bekroonde programme en vervaardig TV-reekse wat wêreldwyd deur gehore geniet word aan albei kante van die Atlantiese Oseaan. Voorbeelde hiervan is sy FOX-reekse The F Word With Gordon Ramsay, Gordons Ramsay’s 24 Hours to Hell and Back, MasterChef, MasterChef Junior, Hell’s Kitchen en MasterChef Celebrity Showdown, asook Bravo se Best New Restaurant en Food Network se kompetisiereeks Food Court Wars.

Maar het jy geweet?

  • Gordon Ramsay het ’n wêreldwye vennootskap met WWRD (Waterford, Wedgwood, Royal Doulton), wat kwaliteit huis- en leefstylprodukte verskaf.
  • In 2014 het Gordon en sy vrou, Tana Ramsey, die Gordon en Tana Ramsay-stigting opgerig om ’n betekenisvolle verskil te maak aan liefdadigheidsorganisasies wat vir hulle belangrik is. Die stigting werk tans saam met die Great Ormond Street-hospitaal wat as een van Londen se mees gerespekteerde kinderhospitale bekend staan.
  • In 2006 het Koningin Elizabeth II aan Gordon ’n OBE (Order of the British Empire) toegeken vir sy bydrae aan die industrie.
  • Hy woon saam met sy vrou, Tana en vier kinders, saam met hul twee honde, twee katte en ’n skilpad. Hy verdeel sy tyd tussen Los Angeles en Londen.

Gordon Ramsay op National Geographic

Geniet ’n epiese avontuur om die wêreld saam met Gordon Ramsey waar hy na Peru, Laos, Marokko, Hawaii, Alaska en Nieu-Seeland reis.

Van Peru tot Hawaii gaan hy prentjiemooi-valleie ontdek, deur bosse wandel en nuwe hoogtes bereik in sy meedoënlose strewe na kulinêre inspirasie.

Heerlike kos, interessante kulture Gordon Ramsay!

Gordon Ramsay: Uncharted volg Gordon terwyl hy inheemse mense van regoor die wêreld ontmoet om te leer oor die kulture, geregte en geure wat uniek is vir elke gebied. Elke bestanddeel wat hy oes en elke gereg wat hy proe, sal ’n nuwe resep inspireer, wat van nuuts af geskep is om die hart van daardie kultuur te verteenwoordig. Elke episode word afgesluit met Gordon wat homself uitdaag om sy nuutgevonde vaardighede op die proef te stel, terwyl hy en ’n plaaslike koslegende saam kook om ’n fees te hou.

Die avonture wat Gordon tydens die première-seisoen van Gordon Ramsay: Uncharted aan pak, sluit in:

  • ’n Soektog deur ’n digte oerwoud in Laos vir wewermier-eiers en duiktogte in gevaarlike waters op jag vir slakke.
  • Paling-jag met tradisionele Maori-tegnieke aan die sy van ’n plaaslike visserman in Nieu-Seeland.
  • Spieshengel met die legendariese vryduiker Kimi Werner in Hawaii.
  • ’n Klimtog tydens ‘n sneeustorm saam met ’n plaaslike snuffelaar om inheemse kruie in Alaska te oes.
  • Abseil teen ’n kolkende waterval om plaaslike sampioensnuffelaars in Marokko te ontmoet.
  • Om van ’n krans af te hang op soek na kaktuswurms – een van Peru se inheemse lekkernye.

Heerlike kos, interessante kulture Gordon Ramsay!

Die reeks sal ook wêreldwyd in 172 lande en 43 tale uitgesaai word. Gordon Ramsay: Uncharted word vervaardig deur Studio Ramsay vir National Geographic. Aanvullende episodes van die reeks is reeds voor die première-seisoen aangevra en die produksie daarvan sal later vanjaar weer begin.

Gordon Ramsay: Uncharted première op 7 Augustus 2019 om 21:00 op National Geographic (kanaal 181 op DStv).

Volg gerus vir Gordon Ramsey op Instagram, Facebook en Twitter.

Vir nog lekker stories oor bekendes, klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.