kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe jy wit lig reg gebruik om winterdepressie te behandel

Hoe jy wit lig reg gebruik om winterdepressie te behandel deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al maak party mense winterdepressie as ’n ’ligte’ ou probleempie af, is dit nie. Dit kan ’n onverwags groot tol eis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dink so daaroor:  Die tipiese simptome van winterdepressie is onttrekking, ’n onvermoë om produktief te werk en besluiteloosheid. Gestel jy word elke jaar in die winter by die werk geëvalueer vir bevordering. Maar elke winter gaan dit beroerd met jou, ten spyte van jou super somerrekord? Dink hoe skadelik dit vir jou loopbaan is. Dieselfde geld jou verhoudings en vriendskappe, as jy elke jaar vir twee, drie maande jou sosiale vermoëns ‘verloor’.

Lees ook: Toets jouself vir winterdepressie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, jy voel vándag vaal – maar het jy werklik winterdepressie? Toets jouself vir al die algemene simptome van winterdepressie. Wat nou, as jy positief toets, soos jy vermoed het? Moet jy maar droom van die lente en jou troos dat die winter net twaalf weke lank is?

Glad nie! Jy hoef nie ’n kwart van jou jaar weg te gooi nie. Maak liewer ’n plan. Ons het die beskikbare navorsing gaan deurkyk. Hier is beste behandeling vir winterdepressie.

Wenk Dink voorkomend. Die idee is om in Mei met jou behandeling vir winterdepressie te begin – vóór winterdepressie begin ontwikkel. Hou aan tot einde Augustus, sodat jy die hele winter beskerm is.

1. Wit lig verlig winterdepressie

In ’n 2019 oorsigartikel (lees dit hier) skryf drs Julia Maruani en Pierre Geoffroy van die Universiteit van Parys dat witlig die maklikste, goedkoopste en doeltreffendste van al die terapieë is. Hier is hul presiese aanbevelings is een van die volgende drie regimes:

  • Sit 30 minute per dag by ’n lig wat 10 000 lux verskaf
  • Sit 1 uur per dag by ’n lig wat 5000 lux verskaf
  • Sit 2 uur per dag by ’n lig wat 2500 lux verskaf

Lux?

Die dae van watts en volts is verby. Gloeilampe dui nou aan hul lumens gemeet. Daar is ’n direkte verband tussen lumens en lux: lumens dui op lighelderheid dui, terwyl lux ligintensiteit meet. Hoe verder van die ligbron (wat lumens verskaf) hoe swakker die lux. Dus: as jy verder van die bron sit, bly die lumens dieselfde maar die lux neem af, in ooreenstemming met jou afstand van die lig. Die aanbeveling van 10 000 lux beteken prakties maar net dat jy as jy binne een meter van ’n lig van 10 000 lumens sit, is jy blootgestel aan 10 000 lux.

Waar kry jy ’n sterk genoeg wit lig vir behandeling vir winterdepressie?

Sulke sterk gloeilampe is nie by die algemene winkels beskikbaar nie. Jy moet vir jou ’n ligkas koop wat 10 000 lumens verskaf. Daar is tog ’n alternatief: vra by jou hardewarewinkel vir ’n witlig gloeilamp wat die heelmeeste lumens moontlik verskaf.  Gloeilampe van 2500 lumens is geredelik beskikbaar. Jy sal moet sorg dat jy dan rondom twee uur per dag binne 60-70cm van jou witlig gloeilampbron deurbring.

Nog drie wenke vir witlig as behandeling vir winterdepressie

  • Kry die regte soort ligkas Daar is verskillende soorte ligkaste – moenie die verkeerde een aanskaf nie. Die soort kaste wat vir psoriase (’n veltoestand) bedoel is, genereer UV-lig, en nie witlig nie. Dit is dus glad nie geskik vir winterdepressie nie. Die sterk UV-lig kan baie moontlik jou oë beskadig.
  • Boots die natuur so goed as moontlik na en kry jou dosis wit lig vroeg in die dag, eerder as later.
  • Beskerm jou oë. Moenie direk in die lig kyk nie. Sit liewer lángs die lig.  ‘n Goeie tyd is soggens vroeg,terwyl jy ontbyt eet en jou nuus lees.
  • Beplan vir genoeg witlig tyd. Min van ons het tyd om twee uur lank langs ’n liggie te ontspan.  Maar jou dosis vir die dag bou op. Sit sterk witlig lampies neer oral waar jy werk, sodat jy deur die dag op kantoor ook kontak met wit lig het.

2. Vitamien D as behandeling vir winterdepressie/SAD

Die sonskynvitamien lig sowaar ook ons gemoed. Vit D help reguleer die vlakke van jou melatonien (jou slaaphormoon) en serotonien (jou goedvoel hormoon), en daarom moet dit – ten minste teoreties – vir winterdepressie / SAD help.

Ongelukkig net in teorie. Ondersoeke na die doeltreffendheid daarvan gee sover wisselvallige resultate. Dit lyk asof dit wel vir party van ons help maar nie vir almal nie.

Maar toets en kyk of dit vir jou werk. Jy is dalk een van die gelukkiges.

3. Gebruik ’n antidepressant vir winterdepressie

Dit is selde nodig om vir winterdepressie so ver te gaan. Maar hier en daar het iemand dit tog nodig, en dan werk dit baie doeltreffend.

Lees ook: Depressie, anti-depressante en jou sekslewe

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.